Foto: Country Road

Bypassende stelle is nou groot nuus

Bypassende stelle is maklik een van ons gunstelinge somertrends op die oomblik. Dis nie net ’n veelsydige kopie nie, maar ook ’n stylitem wat by almal pas. Daar is bypassende pakstelle, ontspanningsdragstelle, broek-en-rompstelle – beslis iets vir ons almal. Lees meer en loer na ’n hele klompie van ons gunsteling moet-hê bypassende-stelle hier; Deur Justine Kroes

Hoekom jy gerus ’n bypassende-stel kan aanskaf:

  • Dit was oral oor op internasionale loopplanke te sien, insluitend bekende ontwerper Jacquemus, helder skakerings by Proenza Schouler en moderne pakke by Versace.
  • Hierdie seisoen word die populêre trend gekenmerk aan hoe helderder, bonter en interessanter hoe beter.
  • Bypassende stel is so veelsydig – jy kan elke item apart of saam dra. Dit beteken meer stylopsies vir jou klerekas.
  • Jy sal nooit weer laat wees nie – met ’n bypassende-stel in jou mode arsenaal hoef jy nie twee keer te wonder wat pas by wat nie – jy trek eenvoudig net jou stelletjie aan!
  • Wenk: hou jou klerekas in gedagte wanneer jy ’n bypassende stel koop – kies een wat die beste gaan werk by wat jy reeds het, as jy huiwerig is vir jou eerste bypassende stel kopie, kies iets in ’n neutrale skakering, of ’n kleur wat jou gewoonlik laat goed voel.
  • Jy hoef nie noodwendig die bostuk en onderstuk van dieselfde winkel te koop nie, baie keer hou ons van ’n broek maar nie noodwendig die bostuk nie (of andersom) – solank die skakerings in dieselfde “kleurfamilie” is, sal die trend steeds staan.
  • En as hierdie punt jou nie oortuig het nie, hier is ’n paar pragtige stelle wat ons harte gesteel het, ons hoop hulle steel joune ook:
Foto: Scoth & Soda

Die bypassende pak

Die bypassende pakstelle wat nou oral te sien is, is helder, bont en soveel pret. Vergeet van jou swart of vlootblou pak – helder pienk, geel of blou is nou die moet-hê skakerings. Die materiale van hierdie nuwe moderne pak is sagter, sit meer lospassend en lyk lieflik gemaklik.

Wenk: Kyk uit hiervoor – die meeste winkels verkoop nou baadjies met bypassende kort en lang broeke in dieselfde skakerings, dit beteken jy kan hierdie kopie selfs nog meer veelsydig maak vir warmer en koeler dae.

Dra jou pak met ’n T-hemp en tekkies vir ’n stylvolle maar steeds netjiese voorkoms. Of verruil jou tekkies vir ’n “kitten heel” en sagte bloes om die pak van dag na aand te neem.

Scotch & Soda Shiny Tailored Blazer (R4499) Shiny Twill Shorts (R2399)
Country Road baadjie (R2299), broek (R1499)
Scotch & Soda Twill Blazer (R5199) Straight Fit Trousers (R3299)
Scotch & Soda Blazer (R4699) Tailored jogger (R3099)
Mr Price Double Breasted Blazer (R299,99) Pants (R279,99)
Scoth & Soda Double Breasted Pattern Blazer (R4199) Slim Fit Trousers (R2599)

Bypassende romp en bo-stuk stelle

Hierdie is ’n bypassende stel-styl vir almal – van korter mini- tot langer midirompe is daar ’n bypassende-stelstyl vir jou.

Hier is ’n paar gunstelinge:

Country Road Bralette (R699) Romp (R1799)
Me and B Gingham A Line Skirt (R599) Bodice top (R399)
Mr Price Anglaise Skirt (R139,99) Anglaise Crop top (R129.99)

Bypassende broek en bloes stelle

Hier is ’n paar gunstelinge:

Mr Price Textured Wide Leg Pants (R179,99) Textured top (R99,99)
Me and B Black and white soft pant (R599) Oversized shirt (R599)
Mr Price Floral High Waisted Shorts (R119,99) Floral Tie Front Top (R119,99)

Bypassende ontspanningsdragstelle

Me & B Lip Print Shorts (R399) Lip print oversized shirt (R499)

As die afgelope jaar vir ons iets geleer het, is dit dat: gemak een van die grootste modetrends geword het. Om gemaklik, maar steeds netjies en afgerond te lyk, is belangrik hier. Ja, die meeste van hierdie bypassende ontspanningsdragstelle kan as slaapklere of huisdrag geïdentifiseer word, maar met ’n tikkie ekstra moeite kan jy hierdie uitrusting selfs uit of winkel toe dra.

Dra dit so:

  • Maak seker jou hare en grimering lyk netjies (nie asof jy nou net wakker geword het nie)
  • Kombineer hierdie gemaklike stelle met interessante, onverwagse bykomstighede, sonbrille, hoë tekkies of ’n kopband.
  • Dra elke item apart – dra jou stel se hemp byvoorbeeld by jou denims of ’n syagtige romp.
  • Hier is ’n paar gunstelinge;
Mr Price Colour Block Tee (R89,99) Bermuda Shorts (R119,99)
Me and B Red Fleece Short (R345) Red oversized Tee (R299)
Scotch & Soda Cropped Sweat With Embroidered artwork (R2199) Organic chino shorts (R1899)

Lees ook: 10 Somer skoen trends

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Ma van die bruid/bruidegom-mode – pasop vir dié 11 foute
error: Content is protected !!