Bypassende Ma-en-dogter-mode

Ek het altyd gedink dit is ’n bietjie vreemd om jouself en jou kinders in bypassende klere aan te trek, totdat ek eendag my dogtertjies se gesiggies sien ophelder het omdat ons toevallig al drie soortgelyke polkakolrokke aangetrek het, en van daar af smeek hulle byna daagliks vir nog ’n “twinning” mode- oomblikke.

Plaaslik is ons bederf met al die “Mommy & Me” modekeuses, een net mooier as die ander. Ons het besluit om ’n gids saam te stel van al die pragtige “Mommy & Me” handelsmerke en mode-ontwerpe. Hier is nou ’n paar bypassende Ma-en-dogter-mode items om op jou Moedersdag wenslysie te sit!

Deur Justine Kroes

29/04/2022

Hannah Lavery

Een van ons gunsteling plaaslike ontwerpers, Hannah Lavery, het twee van haar gewildste klere-items ook nou in klein groottes beskikbaar gestel. En ons kan nie genoeg hiervan kry nie! Die Jump Pants en die Swing Dress in groottes vir die kleinspan maak “same same but different” mode-oomblikke net soveel meer onweerstaanbaar. (Groottes vanaf 18 maande tot 5 jaar).

Hannah Lavery Kids Jump Pants (R419)
Hannah Lavery Kids Swing Dress (R315)

Vir Mamma-groottes klik hier.

Prickly Pear Kids

Plaaslik ontwerp en vervaardig deur ’n Ma-en-dogter-span – vanaf die ontwerp, materiaal kies en stik, tot aflewering word ALLES deur die span vermag. Prickly Pear Kids maak gebruik van kwaliteit materiaalstof in hul ontwerpe – dink aan egte linne en suiwer katoen.

PPL Lovely in Linen Mia Bella Wrap Dress (R1400)

Jy kan kies of jy jou Prickly Pear Kids uitrusting in katoen of linne wil laat maak. Met elk van die ontwerpe is daar ook ’n verskeidenheid skakerings beskikbaar. Hier is ’n paar van ons gunstelinge:

PPK Meha se Kamer Linen Bella Dress (R380 tot R480)
PPK Let’s Get Away Linen Long Frill Dungaree (R550)
PPL Lovely in Linen Mia Bella Wrap Dress (R1400)

Crystal Birch

Rainbow Kara, Wheat Straw Sunhat (R1150)

Die “Mini” reeks is die wonderlike resultaat deur ontwerper Crystal Birch wat die behoefte gevoel het om ‘weer te kan speel’. “Om mamma te word is een van die grootste inspirasies van my lewe, en ek weet hier is ek nie alleen nie!”

Straw Boater Mini (R890)
Fifi, Straw Boater with Feathers (R1250)

Dra jou kinders ook jou duursame hoede wanneer hulle “mevrou mevrou” speel?! Hier is die oplossing – bypassende hoede vir jou en jou dogtertjie (of seuntjie!). Die reeks is super cool, ons kan eenvoudig nie besluit watter hoed ons gunsteling is nie.

Canary Bolero Paper Panama Hat Mini (R750)
Miserable Mini (R950)
Leo Sinamay Bolero Hat (R980)

Matching Me

Die Matching Me konsep is so slim – jy kan verskillende ontwerpe vir mamma, pappa, boetie, sussie en baba kies in dieselfde materiale en skakerings of skakerings wat mekaar komplementeer. Dit maak bypassende ma-en-dogter-mode soveel makliker!

Ladies Sleeveless Collar Dress (R549) Girls Button Up (R409)
Plaid Crossover Dress Mommy Dress (R589) Plaid Sleeve Dress for Mini’s (R379)
Mommy Corduroy frill suspender skirt (R330) Mini Corduroy frill suspender skirt (R280)

Die stylopsies hier is eindeloos, van rokke tot hemde, broeke en selfs die allermooiste bypassende swembroeke.

Mommy and Me Swimwear (van R270 tot R579)

Asha Eleven

Plaaslik en mooi! Ons voel elke keer so geïnspireerd deur Olivia van Asha Eleven se unieke ontwerpe, en was net so opgewonde toe ons sien daar is bypassende rokke vir ma’s en dogters beskikbaar.

(loer hier na die splinternuwe winterreeks!)

Asha Eleven Kijana Dress (R890) Mamma se bypassende rok (Kuruka Kaftan R2 600)
Asha Eleven Janitjie Dress (R890) Mamma se bypassende rok (Jani Dress R2 600)

Annapatat

Ons is al jare lank Annapatat aanhangers – die Annapatat span sal altyd die ekstra myl loop vir kliёnte (ons weet dit want sy het al vir ons!) Die Annapatat aanlynwinkel spog met die allermooiste baba en kleuter kledingstukke  vir ouderdomme van 3 maande tot 7-8 jaar– en nou ook ’n paar items vir mammas. Kyk net hoe mooi is die “leggings” vir Mammas!

Botanical Leggings (R390)
Peony Leggings (R600)

Me & B

Nog ’n gunsteling Ma en dogter duo Me & B het tydens die somer die allermooiste “Mommy & Me” reeks vrygestel – daar is nog ’n handvol gunstelinge oor – vinnig spring!

Me & B Mommy & Me Shirt (R299) Shorts (R299)
Me & B Daisy Print Reversible Sun Hat (R299)

Tiny Necessities

’n Plaaslike onderneming, Tiny Necessities, hier word daar op goeie gehalte produkte gefokus maar daarby ook die allermooiste ontwerpe vir dogtertjies en seuntjies. Hierdie seisoen se “Mommy & Me” fokus is op ’n lieflike sagte en gemaklike Lounge Wear Leisure Rib Set (R680 vir mamma se stel en R390 vir ’n ‘mini me’ stelletjie). Stylvolle uitrusting vir snoesige drukkies met ’n klein lyfie!

Lounge Wear Leisure Rib Set (R680 vir mamma se stel en R390 vir ’n ‘mini me’ stelletjie)
Lounge Wear Leisure Rib Set (R680 vir mamma se stel en R390 vir ’n ‘mini me’ stelletjie)

Boho by Bon

Hierdie allermooiste rok ontwerpe deur Bonita Eder. Boho by Bon is vir alle Ma’s, die ontwerpe is simplisties maar tog so vroulik en stylvol daarby. Met die ‘Mama and Me’ reeks deur Boho by Bon is kan jy uit 19 verskillende skakerings kies om jou uitrusting te laat pas by joune. Pryse wissel van R390 tot R490)

Lucky Little

Boy Mom Mini Me Set (R565)
Monogram Sweater/ Hoodie (vanaf (R225)

Lucky Little het die prettigste T-hemde, sweetpaktops en hoodie tops vir die hele gesin! Ons gunstelinge sluit in die Ringer Tees, jy kies jou gunsteling skakering en elk se voorletter word op die bors gedruk. Monogram Ringer Tee

Loved mama & mini, embroidered mini and me sweater set of 2 (R610)
Monogram Ringer Tee (R205 kinders)
Mama & Mama’s Girls Set of 2 (R505)

Lees ook: 14 Winter modetrends waarvan jy nou moet weet

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
gavin rajah
Kleurvolle patrone is nou groot nuus: Gavin Rajah se raad en nuwe sakpas reeks.
error: Content is protected !!