blompatrone dra dit so
blompatrone dra dit so
Me & B; Model Zomassa Gneki; Fotograaf: Cass Collett

Blompatrone: Dra dit so

Blompatrone bly eenvoudig tydloos en vanjaar was daar weer ’n oneindige hoeveelheid stylkeuses op die loopplanke te sien. Maak seker jy belê vanjaar ten minste in een blommotief styl-item wat jy moeiteloos-mooi kan stileer. Voormalige moderedakteur van Rooi Rose, Susra Matthee, deel haar kundige raad oor hoe om blompatrone te kies, stileer en tydloos te laat voorkom seisoen na seisoen. Deur Justine Kroes.

Vanjaar is die modieuse blommotiewe soortgelyk aan daardie 70’s styl muurpapier (kan jy nog daardie blompatrone op jou Ouma se mure onthou?!), die patrone is helder, bont, groot en dramaties. Dit is veral duidelik in albei ontwerpers Marc Jacobs en Prabal Gurung se lente/somer-2020 reekse.

blompatrone: dra dit so
Good Clothing Tea Frill Dress in Rocca Floral (R1300)

Blompatrone is een van die belangrikste boustene vir enige klerekas. Dit is ’n veelsydige stapel én mode-item wat jy byna elke seisoen kan dra.

Susra Matthee

Susra se top 5 wenke vir blompatrone: dra dit so

Vir die winter

Blompatrone is elke jaar hoogmode, veral tydens die winter, in ’n kombinasie van style. Maar die gewildste een bly die ‘moody blooms’ trend; blommotiewe met ’n donker (meestal swart) agtergrond. Wanneer ek blompatrone koop, kies ek altyd een met ’n swart agtergrond.

Meng jou patrone

Jy kan jou blommotiewe meng en pas met ander patrone, indien daar ten minste een ooreenstemende kleur in albei die patrone is. Byvoorbeeld as jy ’n grys blokkiesjas by ’n geblomde bloes wil dra, moet daar grys in jou bloes ook wees.

Tydlose blomme

As jy jou blommotief-modestuk nog lank wil dra, kies ’n rok, bloes of midiromp van geblomde materiaal. Dit is die drie modestyle wat jaar vir jaar weer terugkeer.

Groot vs klein blompatrone

Groter blomme werk gewoonlik vir groter lywe en klein blomme vir meer petite lywe. Maar dit is nie ’n goue reël nie, pas aan en kyk wat werk die beste by jou liggaamsbou. As dit vir jou reg lyk en jy voel gemaklik daarin, is dit die regte blompatroon vir jou.

Veelsydig vir vier seisoene

Alhoewel blomme altyd ’n groot trend vir die lente is, is dit steeds transitional. Die verskil tussen seisoenale-blompatrone raak al hoe kleiner, daarom is dit maklik om enige patroon of motief te dra vir enige tyd van die jaar, mits jy dit reg stileer:

  • Vir die herfs/winter; Dra ’n blompatroonrok of -romp met ’n swart leerbaadjie, swart enkelstewels of wit tekkies.
  • Vir die lente/somer; kombineer nou jou blommotief mode-item met jou denimbaadjie, wit tekkies, selfs sandale of die espadrille-skoen.

Susra sê: Dra vanjaar jou blompatroon rok met militêre-stewels (combat boots) dit is tans ’n groot trend.

Ted Baker Elderflower Printed Dress (R2580)

Stylvol se gunsteling blompatrone wat ons graag wil dra:

Rokke

groot blompatrone
Me & B Pink and Red Floral Tea Dress (R899)
maksi blompatroon rok
H&M Spring Conscious Collection Floral Dress
blompatrone dra dit so
Poetry Winslow Floral Tiered Dress (R999)
midi blompatroon romp
Mr Price Project Floral Trapeze Dress
(R249,99)
Desigual Printed Blue Floral Dress (R2439 Sandton City)
bompatrone dra dit so
H&M Spring Conscious Collection Floral Dress (R429)
Desigual Floral Maxi Dress (R2439 Sandton City)
blompatroon oorvou rok
Forever New Larissa Ruched Wrap Dress (R1699)

Rompe

blompatrone dra dit so
Mr Price Floral Tiered Mini Skirt (R119,99)
blommotief romp
The Romantic Collective Hey August Skirt (R620)
blompatroon romp
Desray Floral Bias Cut Skirt (R750)
Desigual Floral Skirt (R1709 Sandton City)
Trenery Autumn Floral Skirt (R479)
Ted Baker Rhubarb Panel Detail Midi Skirt (R1980)

Bo-stukke

blompatrone dra dit so
Good Clothing Marble Top Rocca Floral (R650)
Desigual Printed Collar Shirt (R2139 Sandton City)
blompatrone dra dit so
Mr Price Mesh Bell Sleeve Top (R119,99)
blompatrone dra dit so
Mr Price Floral Puff Sleeve Top (R89,99)

Ted Baker Rhubarb Printed Fitted T-Shirt (R980)
blompatrone dra dit so
Deisgual Printed Floral T-Shirt (Sandton City)

Bykomstighede

Life Jewellery Design – handmade polymer clay jewellery.
Foschini Floral Neckerchief (R99)
Foschini Floral Wallet (R170)

Lees ook: Pofmoue, hoe om dit reg te dra volgens jou lyfvorm.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Marciel Hopkins modestyl
Marciel Hopkins se modestyl
error: Content is protected !!