Foto: Poetry

Blompatrone bo!

Hierdie somerseisoen se blompatrone is nie jou Ouma se blompatrone nie, maar eerder helder en bont, met groot en klein blomme gemeng, niks verveligs hier nie! Ons deel ʼn paar wenke om in gedagte te hou wanneer jy weer ʼn blompatroon-item kies. Deur Justine Kroes, Simone Lombard & Susra Matthee

Hierdie seisoen se blomme:

Vanjaar se blompatrone is beslis nie vervelig nie, as ons net kyk na Maison Valentino se ontwerpe vir Lente/Somer 2021 is dit duidelik dat blomme hierdie seisoen alles behalwe vervelig is. Dink 80’s prettige patrone met romantiese silhoeëtte.  

Maison Valentino Lente/Somer 2021 Foto: Instagram

“Daar is ʼn kombinasie van groot en klein blomme hierdie seisoen. Dit word veral gesien in lang maksirokke in helder kleure. Dit word nou gedra met mikrohakke en strappy gladiator sandale”.

Voorkomskonsultant Susra Matthee

“Die meeste mense smag na iets helders en vroliks. (veral na die inperking en die helse jaar wat ons agter die rug het!) Wat sê meer lewenslustigheid as blompatrone? Plante en blomme is simbolies van nuwe lewe en ʼn vars begin, en dis gewoonlik wat met ons gebeur aan die begin van ʼn nuwe seisoen. Ons wil kleurvol wees, die winter afskud en van nuuts af begin.” Is voorkomskonsultant Simone Lombard se siening oor blompatrone, en ons stem beslis saam.

Dra dit so

Susra sê “Die reël is gewoonlik kleiner patrone vir kleiner lyfvorms en groter patrone vir groter lyfvorms – Maar soos ons weet tel die meeste van die voorbedagte reëls nie meer nie. Ek sal sê, gebruik die reël as ʼn riglyn en dra steeds ʼn patroon waarvan jy hou”

Voorkomskonsultant Simone Lombard deel graag haar wenke vir blompatrone dra:

Onthou as jy ʼn patroon op ʼn spesifieke gedeelte dra, sal dit juis daardie gedeelte beklemtoon. So as jy nie daarvan hou dat jou borste beklemtoon word nie, moenie ʼn bloes dra met twee groot rose op die bors nie.

Simone Lombard

Hoe blompatrone op jou oë werk

Blompatrone wat yl gesaai is op ʼn kledingstuk laat jou oë stadiger beweeg en laat sekere gedeeltes juis groter lyk.

Zara Asymmetric Floral Print Dress (R1399)

Blompatrone met min kontras in kleure en grootte is sagter op die oog en trek nie êrens spesifieke aandag nie.

Dailyfriday Maxi Dress (R599)

Blompatrone wat baie dig is, het ʼn verslankende effek omdat jou oë gedurig oor die patroon beweeg en nie ‘stilstaan’ nie.

Mango skirt Neutral and Red (R799)

Patrone en lyfvorm

Simone verduidelik: “Wanneer dit kom by blompatrone en jou lyfvorm, onthou balans:”

A- Liggaam

Dra ʼn bloes/hemp met ‘bold’ of bont blompatrone (trek die aandag na bo eerder as om heupe).

V-Liggaam

Skep kurwes om jou heupe met helder, bont blompatrone en hou dit neutraal bo.

I-Liggaam

Jy kan lekker met blompatrone bo en onder speel. Onthou net om jou middel te beklemtoon.

X-Liggaam

Beklemtoon jou bates en kurwes met blompatrone, onthou net om balans te handhaaf tussen jou bolyf en onderlyf. En om jou natuurlike middel te beklemtoon.

Hier is ‘n paar gunstelinge:

Rokke

Velvet Kaftan Dress (R649)
Zara Floral Print Dress (R799)
Poetry Sydney Printed Dress (R1099)
Zara Floral Print Dress (R1399)
GOOD Clothing Tea Frill Dress (R1250)
Superbalist Floral Tiered Dress (R599)

Bo-stukke en rompe

Zara Floral Print Shirt (R699)
Old Khaki Skirt (R650)
Zara Floral Top with Shoulder Pads (R1099)

Bykomstighede

Zara Bead Floral Earring (R259)
Poetry Renita Ruched Tote Bag (R399)
ALDO Bumblebee Sneakers (R1199)
Ozbob The Natalia Sunglasses (R920)
Poetry Deidre Chiffon Daisy Bag (R225)
Zara Floral Silk Scarf (R699)
ALDO Ceranna Bag (R1199)
Zara Floral Earrings With Rhinestones (R399)
Zara Floral Print Bucket Hat (R419)

Lees ook: Bypassende stelle is nou groot nuus

Simoné Lombard is ’n stylkenner en voorkomskonsultant – bespreek jou stylanalise met Simoné by simlombardimage@gmail.com en volg haar op Instagram hier.

Volg vir Susra hier op Instagram of besoek haar webtuiste om ’n konsultasie te bespreek www.susramatthee.co.za

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
14 Somerbykomstighede op ons stylradar
error: Content is protected !!