Barbiecore – 15 items op ons wenslysie

Ingeval jy dalk op ’n sosiale media breek was, behoort jy te weet Barbiecore en letterlik enigiets pienk gons omtrent op die oomblik. Meestal te danke aan die nuwe Barbie film deur regisseur Greta Gerwig wat vanaf verlede week wys in fliekteaters landwyd (het jy al jou fliekkaartjies bespreek?!). Lees hier om uit te vind wat presies Barbiecore is. En ook natuurlik ’n paar gunsteling items op ons Barbiecore wenslysie. Deur Justine Kroes

21/07/2023

Wat beteken Barbiecore?

WGSN, ’n internasionale modetrend-analisemaatskappy berig dat daar al vanaf 2019 voorspel word dat Hyper pink (ook bekend as Valentino pienk, Barbie pienk of Barbiecore) die modewêreld gaan oorheers. Die eerste voorkoms van die “hyper pink” skakering is deur WGSN raakgesien by die London Fashion Spring Summer modevertoning in 2019. Daarna natuurlik gevolg deur Valentino se Fall Winter 2022 modevertoning. Hier het ontwerper Pierpaolo Piccioli omtrent net helder pienk skakerings by die loopplank afgestuur.

Valentino Fall Winter 2022

Daar is ook natuurlik die y2k modes wat na byna twintig jaar weer teruggekeer het – (dink aan die pienk en blink Paris Hilton era van mode).

Vandag is die Barbiecore trend gebaseer op die nostalgiese verwysing na Mattel se Barbie filosofie:

“You can be anything”.

Bekende stilis Borys Korban sê dit goed: “Barbiecore gaan nie net meer oor ’n skelpienk skakering nie, maar eerder om jou vroulike kenmerke te omhels en te vier in ’n uitrusting (pienk of nie) wat jou laat goed voel”.

Ons dink die pienk, prettige (dalk vir party ’n bietjie semi kitsch) Barbiecore tendens gaan vir ’n rukkie hier wees om te bly. En of jy ’n Barbie aanhanger is of nie, maak dit nie saak nie. Ons hoop die trend inspireer jou om ’n bietjie lighartige pret met jou uitrustings te geniet!

Barbiecore items op ons modewenslysie:

Bykomstighede

Zara High Heel Leather Barbie Sandals (R1699)

As jy dalk huiwerig is om die trend aan te pak kies eerder pienk bykomstighede vir ’n “pop of colour” by ’n neutrale uitrusting. Skoene en handsakke is veral goeie opsies as jy nie graag pienk naby jou gesig wil dra nie:

Woolworths Chain Strap Envelope Crossbody Bag (R579)
The Fix Women;s Hot Pink Sock Boot (R399,99)
H&M Small Shoulder Bag (R329)

Kop tot tone pienk

Zara x Barbie Strapless Dress (R1599)
Zara Rhinestone Barbie Mattel Bodysuit (R669); Barbie The Movie Warner Bros Shirt Style Jumpsuit (R1599)

As jy nie bang is vir pienk nie, is hierdie trend vir jou, omhels dit en dra verskillende skakerings van pienk om monochroom Barbie uit te beeld.

Me & B Tailored Blazer in Cerise Pink (R999) Pants (R699)
Me & B Bias Satin Skirt Diamond Trim (R280)
Mango Antina Dress in Pink (R899 Superbalist)

Barbie embleem

Ek het nie gedink ’n Barbie embleem is iets wat ek graag sou wou dra nie – maar ek het al geleer in die modewêreld en sy vreemde tendense “never say never”.

Zara x Barbie Reversible Satin Bomber (R2799)

Ek is nog altyd lief vir T-hemde met “logos” op. Ek het die perfekte grys T-hemp met Barbie in pienk sequins raakgesien – en geweet dit hoort in my klerekas of eerder my modeversameling. Ek weet ek sal jare later hierdie klein stukkie geskiedenis met my dogters kan deel as ek die hemp mooi genoeg oppas.

Loer hier na ’n paar oulike Barbie embleem mode-items:

Mr Price Barbie Oversized T-Shirt (R149.99)
Barbie Mattel Gold Plated Hair Clip (R379)
Mr Price Barbie Oversized T-Shirt (R149.99)
Cotton On Plus Barbie Longline Tee (R299)
The Fix Men’s Black Barbie Unisex Graphic Top (R179,99)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Eko-vriendelike modekeuses, hier is raad
error: Content is protected !!