baadjies en jasse
baadjies en jasse

Baadjies en jasse om nou te dra; van luukse neutrale tot helder kleure, leer en tekstuur

Hierdie baadjies en jasse is nou groot nuus; en kan dadelik jou voorkoms opkikker. Dit is gewoonlik van jou duurder mode-items; so kies dit met sorg. Deur Suzanne Kotzé.

Baadjie en jasse; hou dit in gedagte wanneer jy koop

Cost per wear

Deel die aantal keer wat jy jou baadjie/jas gaan dra/dra deur sy prys. As jy ’n duur (en ook duursame) baadjie of jas baie dra/gaan dra is sy cost per wear laag. Enige baadjie of jas wat jy net ’n paar keer dra kan weer duur wees, al betaal jy hoe goedkoop. Spandeer dus geld op klassieke items wat by jou ander klere pas, en minder geld aan mode-baadjies en jasse.

Die snit

Maak seker jy kies die regte styl en snit vir jou lyfvorm. Lees meer hier: Ons beste jaskoop-wenke

Die skoonmaak

Baie jasse en baadjie kan slegs gedroogskoonmaak word. Hou dit in gedagte as jy ligter jasse koop. As jy weet jy gaan nie hierby uitkom nie, kies eerder ’n jas wat met die hand of in jou masjien gewas kan word. Dit help nie jy het ’n pragtige duur jas of baadjie wat net in die ‘om te droogskoonmaak’ sak bly lê nie.

Creige

Lief soos ons vir kleur is, is ons op die oomblik die heeltyd lus vir kop-tot-tone creige (die kombinasie van cream en beige) dra. Hierdie roomskakering word as een van díe nuwe neutrale skakerings van die jaar beskou. Dit is egter klassiek en sal nie sommer uit die mode gaan nie.

Dit werk goed saam met een van die grootste nuwe trends; die ou geld (of old money aesthetic) voorkoms. Hou gerus vir Stylvol dop, ons skryf binnekort ’n artikel oor hierdie ‘preppy voorkoms’ (dink aan die Ralph Lauren advertensies van die 90’s, tweed en jodphurs, klubtennis, Ivy League studente in V-nek truie en chinos, en ons gunsteling, Blair Waldorf in Gossip Girl).

Dra jy dit monokromaties, lyk dit luuks en stylvol. Dit skep ’n Quiet Luxury (goeie kwaliteit, geen sigbare handelsmerke) gevoel.

Achromaties (saam met een ander kleur) saam met swart lyk dit klassiek.

Dit werk ook goed saam met helder kleure. Veral as jy die helder kleur effens wil breek. Dra gerus ’n room jas of baadjie by ’n helder broek en bostuk of romp.

Hierdie neutrale skakering is beslis nie seisoens- (of selfs jaar-)gebonde nie. Spandeer gerus effens meer om die beste kwaliteit te koop.

Mango Coat Willy – light beige (R2 499, Superbalist)

Creige met tekstuur

Teddy, wol (shearling) of geweefde tekstuur gee creige ’n snoesige wintersvoorkoms.

Women’s Stone Teddy Fleece Coat (R499, Exact)
Mango Coat jiraf2 – light beige (R2 699, Superbalist)
Witchery Faux Shearling Coat (R3 199, woolworths.co.za)

Die kêrel-baadjie

Hierdie trend is nou groter (en ook losser) as vantevore en het ’n bietjie van ’n Talented Mr. Ripley gevoel wat saam met die ‘ou geld’ trend gaan. Dra dit saam met ’n pak broek vir maksimum effek. Dit werk egter ewe goed saam met ’n denim. ’n Rolkraagtrui werk ook veral goed hieronder. Die baadjie moet egter lospassend wees sodat dit lyk asof jy jou kêrel (man) se té groot baadjie aanhet. Versigtig vir hierdie lospassende styl as jy kurwes of ’n uurglasfiguur het.

Mango Blazer charlott – brown (R1 499, Superbalist)
H&M Blazer – beige/dogtooth-patterned (R429, Superbalist)

Die leerjas

Dink The Matrix. Dra dit monochromaties, swart van kop tot tone. As jy lief is vir swart dra en reeds ’n kas vol swart klere het, is hierdie vir jou. Swart werk veral goed as jy dit saam met ander teksture (soos ligte weefstof, kant, denim, wol ens.) meng om dimensie te gee.

As jy onseker is of jy hierdie op die lange duur gaan dra, begin dalk eerder met ’n kunsleerjas.

Oversize leather-effect trench coat R2 499, mango.com (Ons bestel gereeld by hierdie internasionale Mango winkel. Ons kry dikwels klere hier wat nog nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie).
Luella Pleather Trench Coat (R1 274,25, bash.com)

Die gekleurde kunsleer-jas

Dink hieraan as die swart leerjas se ekstroverte jonger sussie, een wat nie bang is om aandag te trek of raakgesien te word nie.  Jy sal ook ligte bruin en kameelskakerings hiervan in die winkel sien. Pasop net, want die blink materiaal kan enige rolletjies beklemtoon. Die jas moet beslis eerder te groot as te klein wees.

Pu trench – green (R909, Superbalist)

Die kunspels baadjie

Kunspels jasse en baadjies is groot nuus. Lyk luuks in neutrale skakerings of maak ’n stelling met patrone of kleure.

Elodie Faux Fur Occasion Coat (R1 799, Poetry)
Elodie Faux Fur Occasion Coat (R1 799, Poetry)
Die wilde-dierpatroon  (animal print) is nog ’n groot trend op die oomblik Animal Print Faux Fur Coat (R1 099, Woolworths)
Daniel Hechter Mink Short Faux Fur Coat (1 350, Truworths)

Denimjasse en -baadjies

Van jasse tot baadjies, hoe meer denim jy saam dra hoe beter. Moenie bang wees om ’n denimbroek/romp en baadjie saam te dra nie.

Double-breasted Denim Trench Coat (R1 499, mango.com)
Denim Katalina Jacket (R1 099, Poetry)
Trenery Single Breasted Pinstripe Blazer (R2 799, Woolworths)
Patchwork Denim Jacket (R899, Me&B )

Maksi-pofjas

Pofjasse is langer en groter as ooit te vore. Ons hou veral daarvan dat van die jasse selfs die opsies het om arms af te rits, of toutjies, gordels en ritse het wat meer vorm aan ’n andersins onvleiend item gee.

Maxi Puffer Zip Off Sleeves in Burgundy/Pink (R1 499, Me and B)
Earthaddict Quilted Puffer Jacket (R1 599, Truworths)
Belted Longline Diamond Quilted Coat (R 1 599, Woolworths)

Pofbaadjies in verskillende kleure en patrone

Verby is die dae wat almal presies dieselfde swart pofbaadjie van ’n sekere handelsnaam gekoop het.

Belle Printed Puffer Jacket R1 499 Poetry

‘Bomber’ baadjie

Hierdie trend kom so reg uit die negentigs, maar is nou in verskeie nuwe gedaantes beskikbaar. In die klassieke vlieënierstyl tot helder kleure en selfs blink metale. Moenie vergeet van die ‘shearling’ kraag nie!

Inwear Silver Metallic Bomber Jacket (R899, Truworths)
H&M Padded bomber jacket – black (R629, Superbalist)
Cotton-On Curve the bomber jacket – camper burgundy R488, Superbalist)

Die klassieke soldatejas (trench

Min jasse is so veelsydig soos ’n klassieke ‘trench’. (Wat ook ’n stapelitem vir die Quiet Luxury en Old Money trends is). Drapeer gerus ook die jas om jou skouers. Die lang weergawe lyk elegant, op veral langer vroue, maar as jy korter is, kies eerder ‘n korter weergawe wat net onder jou of selfs bo jou knieë eindig.  

Modern Trench Coat (R2 900, Hanna Lavery)

Soldatejas (trench) met patrone

Die soldatejas is ook in ’n nuwe gedaante beskikbaar hierdie winter, met patrone! Ideaal as die res van jou klerekas geen patrone het nie (of as jy meer bedaard moet aantrek vir werk).

Caroline Printed Floral Trench Coat R2 199, Poetry
Snakeskin Faux Suede Trench Coat (R1 399, Woolworths)

Die Shacket

Die Shacket (’n mengesel van shirt en jacket) is in alle kleure en lengtes beskikbaar die winter. Eens het ons die trend meer met tieners geassosieer, maar dit is die winter ook in meer gesofistikeerde jasse beskikbaar.  Jy kan steeds die grungecore (dink aan die 90’s, Kurt Cobain, mussies en geskeurde denims) dra en stylvol lyk. Alles gaan oor proporsies en hoe jy klere meng.

Women’s Black & White Shacket (R399,99 The Fix)
Women’s Brown Check Teddy Fleece Shacket (R 449,99, Exact)
Country Road Longline Check Coat (R3 499, Woolworths)

Helderkleurige jasse

Laaswinter het ons gesukkel om enige helderkleurige jasse te kry, maar nie hierdie winter nie. Ideaal as jy daarvan hou om te kleurblok (wees gereed om glimlagte op mense se gesigte te sien), dit monochromaties wil dra of dit saam met effekleure wil dra. Hierdie modekleur jasse hoef nie noodwendig duur te wees nie, aangesien jy dit dalk nie vir baie seisoene gaan dra nie.

Single Breasted Coatigan (R1 699, Forever New)
H&M Double-breasted coat in Pink cerise (R899, Superbalist)

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Slim stylwenke vir korter vroue
error: Content is protected !!