Alfabetbykomstighede

Hierdie modegier is al ’n rukkie op my wenslysie, persoonlike bykomstighede met die voorletter van jou (of iemand spesiaal) se naam. Die alfabetbykomstighede is beskikbaar in allerhande bykomstighede -serpe, hangertjies, ringe en selfs sleutelhouers. Hier is ’n paar van die gunstelinge wat onlangs ons oog gevang het: Deur Justine Kroes

22/04/2022

Serpe

Serpe is iets wat ek nooit kan ophou versamel nie (selfs al dra ek dit nie naastenby genoeg nie!) Kyk net hoeveel pret is hierdie alfabetserpe van Mr Price – kleurvol en uniek, elk met ’n alfabet letter op. ’n Satynserpie bly maar net een van die veelsydigste bekomstighede – dra dit in jou poniestert, bind dit om jou kop, dra dit as ’n gordel om jou lyf, knoop dit aan jou handsak vir ’n tikkie kleur of dra dit eenvoudig om jou nek. Mr Price Satin Scarf (R69,99)

Mr Price Satin Scarf (R69,99)
Mr Price Satin Scarf (R69,99)
Mr Price Satin Scarf (R69,99)

Hangertjies

Jy hoef natuurlik nie jou eie voorletter te kies nie, jy kan jou man, kêrel of selfs jou kinders se voorletters om jou nek dra.

Mr Price

’n Hele stelletjie met jou (of iemand spesiaal) se voorletters op die gestapelde hangertjie, ring en oorbelle. Hierdie is ’n lekker geskenkidee vir tiener-meisies!

Mr Price Jewellery Set (R49,99)
Mr Price Jewellery Set (R49,99)

Exclusivity by Design

’n Wonderlike deel van die alfabet-tendens is dat daar goedkoper en duurder opsies beskibaar is. As jy graag wil geld spandeer op ’n juweel-item wat jare lank sal hou, is hier ’n paar opsies vir jou.

Exclusivity by Design 9CT Gold and Diamond Disc Pendant (R8 150)
Exclusivity by Design 9CT Gold and Diamond Disc Pendant (R8 150)

Jenali Collection

Jenali Initial Necklace 30mm (R1472)
Jenali Collection Initial Necklace 10mm (R2 995)

Famke

Juweelontwerper Famke het ook ’n hele reeks van alfabet ontwerpe, van fyn hangertjies tot armband. Jy kan ook kies om ’n klompie letters op jou hangertjie by te voeg.

Single initial Necklace (R550)

Multiple Initial Necklace (From R850)

Kirsten Goss

Om haar dogter Farren se sestiende verjaarsdag te vier het Kirsten Goss die “Goldie Necklace” ontwerp – hierdie hangertjie simboliseer die delikate verhouding tussen Ma en dogter. ’n Korter hangertjie (ook in ’n armband beskikbaar) en elke letter word in hoofletters gedruk.

Kirsten Goss 18K Goldie Necklace (R11,990)
Kirsten Goss 18K Goldie Necklace (R11,990)

By Cara

Kyk hoe mooi is hierdie hangertjies van By Cara – jy kan sommer ’n klompie letters aan jou hangertjie dra; daar is plek vir almal – man en kinders of sommer net jou eie voorletters.

By Cara Gold Plated Monogram Diamanté Necklace (R190)
By Cara Waterproof Gold Monogram Pendant Chain (R365)

Oorbelle

By Cara Mini Monogram Hoops

By Cara Mini Monogram Hoops (R180)

Sleutelhouers

Ek het al hoeveel keer my man se sleutels gegryp in die oggend (hy het ook al dieselfde fout gemaak!) maar met hierdie oulike alfabet letter sleutelhouers sal ek nie sommer weer daardie fout maak nie.

Mr Price

Mr Price Keyring (R29,99)
Mr Price Keyring (R29,99)

Zara Sleutelhouer

Met hierdie leer sleutelhouer kan jy die letters apart koop, net jou voorletters, of as jy graag wil kan jy ’n volle naam of woord uitspel.

Zara Leather Keyring (R259 vir sleutelhouer)
Zara Resin initial (R129 per lettertjie)

Sakke

MR Price

Wees meer omgewingsvriendelik en gebruik hierdie oulike alfabetsakke as geskenksakke wat ’n mens oor en oor kan gebruik om inkopies te doen.

Mr Price Tote Bag (R59,99)

Cotton On

By Cotton On kan jy selfs handsakke meer persoonlik maak – óf met ’n volle naam óf voorletters – plaas eenvoudig hierdie bestelling aanlyn.

Personalised Lexi Underarm Bag (R349,99)
Personalised Lexi Underarm Bag (R349,99)

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Clarins Flash Cryo Cream mask
Koueterapie vir teenveroudering
error: Content is protected !!