9 Skoonheids Adventkalenders op ons wenslysie

Skuif verby sjokolade, hierdie jaar is skoonheids aftel-kalenders groot nuus. Adventkalenders is nie net meer vir kinders nie (hoewel hierdie klompie kalenders ons kinderlik opgewonde het!) Lees hier vir luukse- sowel as sakpasopsies wat enige grootmens se krismishart sal steel. Vinnig spring, 1 Desember is om die draai en die meeste hiervan is net in beperkte hoeveelhede beskikbaar. Deur Justine Kroes

Vir die liefde van luukse geure

Hierdie Charlotte Rhys Adventkalender (R2 332) maak elke dag se aftel tot Kersfees ’n besonderse luukse een. Elkeen van die laaitjies bevat ’n Charlotte Rhys geskenkie. Van fyngeure tot kersies, sepies en selfs lyf- en handerome. Elke geskenkie is met liefde in ’n papiertjie toegedraai wat sorg vir daardie tikkie ekstra opwinding wanneer jy die laaitjie ooptrek. Ons hou veral daarvan dat jy al die verskillende Charlotte Rhys geure kan toets vir toekomstige kopies – die geure in hierdie luukse boks sluit in Oud Noir, Oud Blanche, No.17, Under the Leaves en Gingerbread (klink feestelik!).

Charlotte Rhys Advent Calendar (R2322)

Dit is wat jy in hierdie super stylvolle kalender kan verwag:

  • 4 x 100g Badseep – ’n tydlose bederf propvol luukse geure.
  • 4 x 50g Parfuumkersies – Hierdie kersies is “slow-burning” wat beteken jy sal ure en ure se fyngeure kan verwag.
  • 4 x 30ml Handerome – Ons is nou maar eenmaal lief vir Charlotte Rhys se handerome, die formule voel luuks en ruik hemels, boonop sorg die bestanddele vir jou hande! Daar is 4 roompies – een vir elke handsak, langs jou bedkassie en langs jou rekenaar!
  • 4 x 100ml Hand- en lyfrome – Super hidrerend en ruik besonders.
  • 4 x 100g Supreme Lyf Crème – ’n Ryker weergawe van die lyfroom, met ’n lieflike tekstuur en formule wat hidrasie beloof.
  • 4 x 10ml Eau de Parfum – ’n Druppel van elk van Charlotte Rhys se fyngeure kan blitsvinnig jou bui opbeur. Jy kan vier verskillede tipes fyngeure in jou laaitjies verwag – amper een vir elke dag van die week!

Vir die velsorg-foendi

12 dae tot ’n glansende gesonde gelaat? Ja asb! Nimue se 12 dag Adventkalender is die handelsmerk se heel eerste aftelkalender ooit. Wat is nou meer perfek as die geskenk van gesonde vel vir die vakansie. Hierdie groottes is ideaal om in jou vakansietas te pak.

Die bonus van die kalender – jy kry die geleentheid om velprodukte te toets wat jy dalk nie voorheen vir jouself sou kies nie!

Die prys vir die bederfboks is R1 499 (die normale prys vir al hierdie produkte altesaam is gewoonlik R2 499, jy spaar 40%!). Bestel dit hier op www.labelle.co.za of as jy in die Kaap is, besoek gerus Tosca Salon in Tygervalleisentrum om jou Nimue Festive Advent Calendar te koop.

Nimue Festive Advent Calendar (R1499)

Hierdie beperkte uitgawe Nimue stel bevat:

  • Cleansing Gel 15ml
  • Super Hydrating Mask 15ml▪Pre and Post 15ml
  • Super Hydrating Serum 30ml▪Exfoliating Enzyme 15ml
  • Sun C SPF 40 15ml
  • Element Barrier 15ml
  • Anti-Aging Hand Cream 15ml▪Anti-Aging Eye 15ml
  • Hydro Lip Therapy
  • Nimue Head band
  • Nimue Soft Touch Mirror

Vir die lyfsorg-liefhebber

Hierdie aftelkalender van The Body Shop “Share The Love Big Advent Calendar R1 900 (eintlik R2 240 se produkte werd) lyk soos ’n sprokiesverhaal wanneer jy die boks oopmaak. Die “pop-up”-konstruksie gryp eerstens jou aandag en daarna die laaie gevul met klein boksies vol bederf, elk met ’n nommer op. Hierdie 25 lyfbederfprodukte sal jou beslis deur die feesseisoen gepamperlang hou!


The Body Shop Share The Love Big Advent Calendar R1 900

Binne-in hierdie herwinbare en herbruikbare bederfboks kry jy van gesigmaskers, lipsalf, volgrootte lyfroom, kopbande en nog vele meer. The Body Shop wil nie te veel verklap nie en eerder die inhoud as ’n verassing hou!

Daar is nog twee aftel-kalenders van The Body Shop beskikbaar, loer gerus hier en hier.

Vir die essensiële-olie entoesias

SOiL Advent aftelkalender (R299) bestaan uit 24 dae of “venstertjies” wat jy moet oopmaak. Elke dag bevat een klein (1ml) essensiële-olie, ’n draerolie, of ’n masseerolie. Soil Organics deel elke ooreenstemmende dag ’n spesiale storie oor elke olie van die dag op hulle sosialemedia-platforms.

SOil Advent Calendar (R299)

Hierdie is die perfekte geskenk vir iemand (of vir jouself) wat graag hul essensiële-olie versameling wil uitbrei. ’n Sakpasopsie wat so baie opwinding bied.

Vir die grimeerliefhebbers

Essence se Adventkalender, die 24 Sparkling Moments of Joy, (R599) bevat 24 sprankelende oomblikke van grimeerhemel! Die aftelkalender is opgemaak met Kersfeesprodukte, beperkte uitgawe grimering en sluit ook ’n klompie klassieke Essence staatmaker produkte in. Van grimeerborseltjies, tot maskara, verhelderaar, lipstiffie en nog vele meer!

Essence Advent Calendar (R500 Takealot)

Essence Advent Calendar 2021 24 Sparkling moments of Joy sluit in:

Essence Eyeshadow Base; Essence Lash Curler; Essence Brush Cleansing Tool; Essence Face Jewellery; Essence Lip Scrub; Essence Glitter Nail File; Essence Moisturizing Hand Mask; Essence Nail Jewellery Stickers; Essence Brow Spoolie; Essence Eyeshadow Blender; Essence Eyeshadow Shader; Essence I Love Extreme Volume Mascara 01; Essence Kajal Pencil 01; Essence Highlighter; Essence Luminous Blush; Essence Mirror; Essence Precise Concealer Sponge; Essence Caring Lip Balm; Essence Juicy Bomb Shiny Lipgloss; Essence Lipstick; Essence Fix & Gloss Topcoat; Essence Mini Nail Primer; Essence Mini Nude Polish; Essence Moisturizing Hand Mask

Die iets-van-als bederfkaleder

Clarins se 24 Day Advent Calendar (R2 000) is bewys genoeg dat dit nie net kinders is wat nie vir Kersfees kan wag nie. Van lyf, gesig en grimeerprodukte bevat hierdie kalender iets van als. Weereens is hierdie groottes perfek vir jou reistas. Die ophang-houer waarin die produkte kom is herwinbaar wat beteken jy kan jaar na jaar hierdie aftelkalender gebruik en vul met verassings vir jou kinders, man of jouself!

Clarins 24 Day Advent Calendar (R2000)

Ons sal beslis nie dag tot dag kan wag om hierdie verassings uit te pak nie, ons weet reeds ons sal vroegtydig loer!

Clarins 24 Day Advent Calendar

Die Clarins Advent Kalender bevat 25 produkte:

15ml Bust Beauty Extra-Lift Gel; 4ml Instant Smooth Perfecting Touch; 15ml Extra-Firming Mask; 30ml Exfoliating Body Scrub; 15ml Hydra-Essentiel Normal to Dry skin; 30ml Energizing Emulsion; 15ml SOS Hydra Mask; 15ml Beauty Flash Balm; 8ml Wonder Perfect Mascara #01; 2.8ml Lip Comfort Oil #01; 3ml Hydra-Essentiel Lip Balm; 15ml Comfort Scrub; 30ml Tonic Bath Shower Concentrate; 100ml Relax Bath Shower Concentrate; 50ml Cleansing Milk; 50ml Cleasing Micellar Water; 1,6g Joli Blush #02; 2ml Lotus Oil; 50ml Cleansing Oil; 100ml Hand and Nail Treatment Cream; 30ml Moisture Rich Body Lotion; 3ml Total Eye Lift; 5ml SOS Primer #00; 12ml Lip Perfector #01

Daar is ook ‘n 12 dag Adventkalender beskikbaar, klik hier.

Vir die pamperlang-vrou

Oh So Heavenly se 12 Days of Joy Countdown Calendar (R250) is propvol mini-grootte produkte. Eindig die jaar behoorlik met hierdie meer sakpas-opsie van ’n aftelkalender. Jy kan elke dag vir 12 dae tot en met Kersfees ’n spesiale “time-out” okkasie maak met lieflike pamperlangprodukte.

Oh So Heavenly 12 Days of Joy Advent Calendar (R250 Clicks)

Hierdie kalender bevat:

90ml Milky Moments Foam Bath Crème, 90ml Sole Retreat Foot Soak, 90ml Aloe & Green Tea Shampoo, 90ml Aloe & Green Tea Conditioner, 50ml Moisture Burst Body Wash, 50ml Creamy Caress Body Lotion, 50ml Creamy Caress Body Cream, 50ml Love & Lavender Body Spritz

Vir die grimeer-ghoeroe!

Benefit grimering se “The More the Merrier Adventkalender” bevat 12 dae se verrassings. Die aftel-kalender stelletjie is propvol van Benefit se topverkopers in minigroottes. Van wenkbroue tot voorbereidingslagies, verbronser, gesigpoeier, maskaras en nog vele meer.

Benefit The More The Merrier Advent Calendar

Op almal se wenslysie

Ter viering van Chanel se 100ste bestaansjaar het Chanel vanjaar vir die eerste keer ooit hierdie Adventkalender bekendgestel. Ons kan verstaan hoekom dit byna oornag wêreldwyd uitverkoop het.

Die Chanel No5 The Calendar was DIE Adventkalender op almal se lippe vanjaar! In die vorm van ’n enorme weergawe van die ikoniese Chanel No5 Fyngeur bevat hierdie aftelkalender 27 boksies vol bederf. Dit is al reeds uitverkoop in Suid-Afrika, daar was net ’n paar van die versamelaarsitem Adventkalenders beskikbaar.

Soos net Chanel kan, is die geskenkies die een meer ikonies en luuks as die ander. Dit bevat van Chanel House se mees ikoniese produkte soos ’n Rouge Allure lipstiffie, ’n naellak en ’n botteltjie No5 Eau De Parfum. ’n Paar ander spesiale geskenke in die kalender sluit in ’n armband, ’n sleutelhouer, ’n spieël, plakkers en selfs ’n boekmerk. Loer hier as jy gerus ander Chanel kopies wil maak!

Lees gerus ook: Doen-dit-self vals wimpers

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
grimeerfoute Reneé de Witt
Grimeerkunstenaar Reneé de Wit verklap die 4 grootste grimeerfoute
error: Content is protected !!