Sukkel jy ook om ‘salonhare’ tuis te kry? Dalk is een van die haardroogmaakfoute te blameer, of dalk moet ons maar net aanhou droom van ’n stilis wat elke dag ons hare by die huis kan blaas. Deur Suzanne Kotzé
Haardroogmaakfoute
Kaapse haarstilis Charles Junior Louw deel hierdie foute wat hy vroue (en selfs anders stiliste) sien maak.
1. Jou hare is halfdroog as jy begin
As jy jou hare eers vinnnig met jou vingers effens droogblaas, behou jou hare sy vorm. Byvoorbeeld as jy krulle het, set die krul se vorm en dan gaan jy sukkel om jou hare reguit te blaas. Daarom is dit beter om jou hare van nat af te blaas. Behalwe as jy reeds reguit hare het.
2. Jy haal die ‘nozzle’ van jou haardroër af

Baie mense (en selfs haarkappers) maak die fout om die voorpunt (nozzle) van die haardroër af te haal as hulle hare droogblaas. Alhoewel jy die nozzle kan afhaal as jy vingerdroogblaas, moet die nozzle opbly as jy jou hare ‘blowdry’ want dit help dat die hitte meer gekonstreerd is op die seksie wat jy droogblaas en dat jou haarskubbe plat lê (en nie kroes nie).
3. Jy blaas nie jou hare droog genoeg nie
As jy die seksie hare wat jy droogblaas nie droog genoeg blaas nie gaan dit kroes. Blaas totdat dit blink en glad lyk.
4. Jy gebruik nie hittebeskerming nie
En onthou jy moet hittebeskerming nie net een keer gebruik nie, maar voordat jy enige hitte gebruik. Voordat jy dit droogblaas en dan weer voordat jy ’n haaryster of krultang gebruik. So jy moet twee keer hittebeskermingsproei aanspuit, al is dit direk na mekaar.
En moet dit nie net oor jou hele kop sproei nie, doen dit seksie vir seksie. Anders beskerm jy net jou boonste hare teen die hitte.
5. Jy is nie versigtig genoeg vir hitte as jy blond is nie
As jy gebleikte hare het, moet jy veral versigtig wees vir hitte, want te veel en te hoë hitte (niks bo 180 nie, maar verkieslik 160 tuis) kan jou hare laat breek.
6. Jy gebruik ’n borsel wat te warm word
Veral metaalborsels se binnekant word te warm en kan jou hare laat brand. Kwaliteit borsels is die moeite werd.
7. Jy gebruik haarpodukte wat silikoon bevat
Kyk na jou produkte se bestanddelelysie (veral as dit nie professionele haarpodukte is nie). Baie produkte bevat silikoon wat ook weer plastiek bevat. En al lyk dit dalk aanvanklik of dit jou hare mooi glad of blink maak, smelt dit in jou hare in en bly vassit op jou haarskag. Met tyd bou die produk op en laat jou hare leweloos, pap en vuil lyk.
8. Jy spuit inbly-opknapper tot op jou wortels
Spuit jou inbly-opknapper net midlengtes tot punte, anders gaan dit vinniger olierig word.
9. Jy wend haarolie aan op wegvlieg haartjies
Jy sien wegvlieghaartjies en jy dink jy wil dit tem met haarolie, maar soos met die opknapper, moet dit eerder gebruik word op midlengtes. Gebruik eerder ’n klein bietjie haarsproei op jou kam of vingers om daai haartjies te tem.
Stylvol gunstelinge:
Van ons gunsteling haarprodukte wat ons onlangs ontvang en getoets het
Vir volume



Inbly opknappers






