Desember se middagslapies voel reeds soos ’n leeftyd terug, en al 23049 dae van Januarie is besig om ons in te haal. Dit is veels te vroeg in die jaar om nou al met donker kringe onder die oë te spog. Hier is ons 8 beste truuks en wenke vir sprankelende, wakker en varser oë in ’n japtrap.
Saamgestel deur Justine Kroes
31/01/2025
1. Minder skermtyd voor bed
Daar is natuurlik talle redes waarom ons met donker kringe sukkel soos genetika, velveroudering, pigmentasie en selfs allergieë maar een van die mees algemene oorsake van donker kringe is skermtyd voor bed, wat die kwaliteit van jou slaap ook negatief beinvloed.
Oormatige skermtyd en die blootstelling aan kunsmatige lig vir lang tydperke naby jou gesig kan oogspanning veroorsaak wat lei tot pofferige oë.
2. Kry genoeg, goeie kwaliteit slaap
Minstens 7 tot 9 ure
Om ’n goeie slaaproetine te volg is belangrik, mik vir minstens 7 tot 9 ure se slaap vir oë wat vars, wakker en minder pofferig teen die oggend lyk. As jy saans nie genoeg slaap inkry nie, sal jou oë duidelike tekens van moegheid en slaapgebrek verklap.
Probeer ‘n slaapmasker
Probeer ‘n slag met ’n sy slaapmasker slaap, dit verhoed wrywing teen jou kussingsloop rondom die delikate oogarea en hou oë toe en donker vir ‘n goeie nagrus.
Slaap met kop effens gelig
Indien moontlik, slaap met jou kop effens gelig (’n hoër, maar steeds gemaklike kussing sal die truuk doen) om te verhoed dat vloeistof saans onder jou oë opbou. As jy plat lê, veral met jou gesig in die kussing, dreineer die vloeistof onder jou oë nie behoorlik nie. Danksy swaartekrag beweeg die vloeistof weg van jou onder oë af wanneer jy met ’n effense geligde kop slaap.
’n Aandserum vir jou oë wat hard werk terwyl jy salig slaap
Sisley Supremÿa Eyes at Night – ’n oogserum bekend vir toekennings wen – bevat ook van die wonderwerkbestanddeel Phyto-complex LC12*, ’n wonderbestanddeel wat vir 12 ure na aanwending op die dieper (dermis) lae van jou vel te werk gaan en die proses van die veroudering van jou velselle teenwerk.

20% aflslag op enige Sisley produkte – gebruik die kode Stylvol20
Hierdie oogserum verminder die sigbaarheid van donker kringe en pofferigheid rondom jou oë vir ’n onmiddelike wakker en vars oë-voorkoms.
3. Masseer vir bloedsirkulasie en limfdreinering
Die ophoping van oortollige vloeistof op ooglede en onder oë veroorsaak soggens daardie pofferige oog voorkoms. ’n Vinnige massering met ’n oogrollertjie (of jou vingerpunte) kan die limfdreinering en sirkulasiestelsel onder jou oë ’n hupstoot gee wat gifstowwe en vloeistof dreineer en pofferige oë vinniger laat verdwyn
’n Sisley velkenner se raad “wees versigtig wanneer jy ’n oogrollertjie rondom die delikate oogarea gebruik en moet nie te veel druk uitoefen nie. Gebruik stadige, sagte bewegings, en probeer om nie die vel heen en weer te rek nie”.

Sisleÿa L’Integral Anti-Age Eye and Lip is ’n kragtige oog en lip kontoerroom wat plooie verminder, vel rondom die oë verferm, donker kringe en pofferigheid teenwerk. Wend die room rondom jou lippe aan vir meer definisie aan jou lippe en minder plooie. Wend die room met jou oogrollertjie aan, begin altyd aan die binnehoek van jou oë en rol uitwaarts.

20% aflslag op enige Sisley produkte – gebruik die kode Stylvol20, klik hier
4. ’n Oogroom is ’n moet
Namate ons ouer word, raak ons velle dunner, veral die vel rondom ons oë. Kollageenproduksie neem af, wat beteken die vel rondom jou oë is meer sensitief, dit is ook geneig om droog te wees, daarom is dit uiters belangrik dat jy ’n oogroom gebruik en nie ’n gewone room nie.

Sisley Black Rose Eye Contour Fluid staan bekend as die “illuminating pen”, ’n towerstafie met ’n koel keramiek voorpunt wat vel streel en vars laat voel. Ideaal vir massering en om bloedsirkulasie te stimuleer. Die aktiewe bestanddele in die Black Rose versameling werk saam om vel rondom die oë te stimuleer, op te wek, verhelder en glad te maak.

20% aflslag op enige Sisley produkte – gebruik die kode Stylvol20, klik hier
5. Pofferige oë soggens? Vermy dit so:
Hier’s ’n Sisley velkenner se topwenke vir wakker oë met opstaantyd:
Wend saans ’n oogmasker aan, los vir ’n paar minute aan en verwyder die masker. Moenie jou oogmasker oornag aanlos nie. Wees versigtig om nie jou oogmasker te naby aan jou traankanale aan te wend nie – dit kan jou oë irriteer en teen die oggend jou oë geswel en pofferig maak.
Minder is meer en jy behoort nie te veel produk te gebruik nie, jou vel kan ook net soveel absorbeer.
Wanneer jy opstaan, gebruik ’n oogjel om oë te verfris, wakker te maak en meer helder laat vertoon.
Psst… hou jou oogjel of selfs jou oogrollertjie in die yskas – die aanwending van ’n koel rollertjie of produk sal geswelde, pofferige oë streel, en die swelling en waterrettensie verminder.
Oogmasker
Sisley Eye Contour Mask, ’n oogmasker geformuleer om die vel rondom jou oë in sekondes meer uitgerus, glad en jeugdig te laat vertoon. Die masker word beskryf as die “instant smoother”, ideaal vir die vrou wat sukkel met pofferigheid en fyn lyne rondom oogkontoere. Bestanddele Arnica en Wildekastaiing verminder die voorkoms van pofferigheid en donker kringe. Gingko Biloba verbeter mikro sirkulasie rondom die oog area.

20% aflslag op enige Sisley produkte – gebruik die kode Stylvol20, klik hier
Oogjel
Sisley Botanical Eye and Lip Contour Balm word beskryf as die “anti-puffiness” room. Hierdie jel-tekstuur room is ideaal vir die vrou wat sukkel met gedehidreerde oog en lip kontoere en pofferige oë. Bestanddele “tamatie” stimuleer en verfris die vel terwyl “witch hazel” vel hidreer en streel. Hierdie deursigtige jel beveg vel droogheid, verminder pofferige oë, verminder fyn lyne en plooie en laat die vel met ’n sagte vars en verfrissende gevoel wat oë oop en meer sprankelend laat vertoon.

20% aflslag op enige Sisley produkte – gebruik die kode Stylvol20, klik hier
6. Maskara laat oë meer oop lyk
As daar nou een grimeerproduk is wat jou oë sommer dadelik meer wakker en vars laat lyk dan is dit maskara – die klein towerstafie met ’n reuse impak.

’n Sisley-kenner deel haar beste wimper aanwendingswenke:
Vee enige oortollige maskara van jou borseltjie af voordat jy jou maskara aanwend om te verhoed dat jou maskara smeer.
Begin by die wortel van jou wimpers en beweeg jou maskara-borseltjie opwaarts na die punte van jou wimpers, wikkel ook die stafie versigtig heen en weer om seker te maak jou wimpers beweeg deur jou maskaraborseltjie. Doen dit terwyl jy jou oog baie stadig toemaak. As jy net aan die bopunte van jou wimpers maskara gaan aanwend (en nie van die wortels af nie) sal jou swaarder wimperpunte afhang en jou oë meer toe laat lyk. En dit is juis hoekom ons maskara aanwend, vir groter oop oë.

Kyk net die verskil op Suzanne se oë, een oog se wimpers met Sisley se So Stretch maskara en een oog sonder.
20% aflslag op enige Sisley produkte – gebruik die kode Stylvol20, klik hier
Ons vergeet ook natuurlik nooit van een van grimeerkunstenaar Renee de Wit se top maskarawenke nie – moet nie van die bokant van jou wimpers vergeet nie, veral as jy ’n blondine is – as jy afkyk is jou wimpers spierwit aan die bokant.
’n Maskara daar buite vir almal

Kies ’n maskara wat jou wimpers voed terwyl jy dit dra. Sisley se maskaraversameling is spesiaal ontwikkel vir vroue met sensitiewe oë en kontaklens-draers. Die maskaras bevat boonop almal vitamiene en peptides, aktiewe bestanddele wat verseker wimpers groei langer, voller en sterker.
Sisley So Intense se borseltjie is spesiaal ontwikkel om lengte, digtheid en ekstra definisie aan jou wimpers te gee. Met vitamien peptides en Pro-vitamiene B5 word wimpergroei en wimpergesondheid bevorder terwyl wimpers sag en gehidreerd bly.
Sisley So Curl is ontwerp vir die vrou wat graag gekurfde wimpers wil hê en staan bekend as die wimper-krul maskara.
Sisley So Volume is vir die vrou wat graag XXL 3 dimensionele wimpers wil hê wat goed gedefineerd is, met ’n wimperkrul wat hou en hou.
Sisley So Stretch Maskara skep die effek van langer en perfek gedefinieerde wimpers met ekstra houkrag.
20% aflslag op enige Sisley produkte – gebruik die kode Stylvol20, klik hier

7. Versag donker kringe met verbloemer
Nog ’n truuk is om jou donger kringe met ’n verbloemer te versag.
Top aanwendingstruuks vir jou onder oog verbloemer:
Tik ’n klein bietjie verbloemer aan jou ring vinger – en wend onder jou oë aan. Fokus op die areas waar die donker kringe baie prominent is.
Begin aan die binnehoek van jou oë en wend die verbloemer uitwaarts aan.
Tik saggies die produk met jou vinger aan, moet nie heen en weer vryf nie. Hierdie metode verhoed dat jou verbloemer dik en onnatuurlik lyk
Wees versigtig om nie te veel verbloemer onder jou oë aan te wend nie, moet ook nie te veel poeier hier aanwend nie, te veel produk onder jou oë kan in die plooitjies beland en jou donker kringe en plooie net meer beklemtoon.
Die Sisley Phyto-Cernes Eclat is ’n onder oë verbloemer wat sorg vir gladde, plooilose vel onder jou oë, verminder oë pofferigheid (danksy kafeïene as bestanddeel), terwyl dit sigbare donker kringe versag.
20% aflslag op enige Sisley produkte – gebruik die kode Stylvol20, klik hier
8. Definieer jou wenkbroue
Jou wenkbroue dien as ’n raam vir jou oë, daarom is dit ’n uiters belangrike stap in jou grimeerroetine. Vul altyd jou wenkbroue in, dit gee jou ’n natuurlike ‘ontrimpeling’ en ook meer definisie aan jou gesig.
Maak seker jou wenkbroue is reg gevorm, gevul en gestileer. En gebruik ’n wenkbroupoeier, potlood of wenkbroujel om jou wenkbroue te definieer.

Wees versigtig vir te donker wenkbroue. Die kleur van jou wekbroupotlood of poeier moet so na as moontlik aan jou natuurlike wenkbroukleur wees. ’n Wenkbroumaskara bied ’n drie dimensionele effek vir voller en natuurlike wenkbroue.
20% aflslag op enige Sisley produkte – gebruik die kode Stylvol20, klik hier
Probeer gerus:
