blosserwenke
blosserwenke

6 Beste blosserwenke

Met al die nuwe blossertruuks wat ons sosiale media tans vol lê het ons gewonder wat die regte metode is om blosser aan te wend, plus watter tipe blosser nou ’n moet-hê is. Grimeerkenners deel hul 6 beste blosserwenke en ’n paar blossers wat nou op hul kooplysie is. Deur Justine Kroes

04/08/2023

Beste blosserwenke

1. Opwaartse “gesiglig” metode

“Moet nooit jou blosser net op die appels van jou wange aanwend nie – onthou om altyd opwaarts te meng, om 2 ronde blossersirkels op jou wange te voorkom. Hierdie metode gaan baie meer natuurlik lyk.”

Charnie Piater, Grimeerkunstenaar

Cheryl Parker, grimeerfoendi stem hiermee saam “Ek hou baie van die nuwe opwaartse metode van blosser aanwend. Die ou metode van blosser aanwend (veral in die 80’s en 90’s) was meer horisontaal, van langs die middel van jou oor na die appels van jou wange toe, of net op die appels van jou wange.”

“Met die nuwe metode wend jy die blosser uitwaarts en opwaarts aan na jou wangbeen toe. Presies daar waar jy jou verhelderaar (highlighter) sou aanwend”

Cheryl Parker

My metode is om ’n klein tikkie op die appels van jou wange aan te wend en opwaarts te “blend” na jou slape (temples) toe, sê Cheryl.

Jy kan óf jou verhelderaar bo oor jou blosser aanwend (óf selfs onderaan) maar my gunsteling truuk tans is om ’n roomblosser, gemeng met ’n klein tikkie vloeibare verhelderaar aan te wend van die appel van jou wange op na jou slape toe. Dit skep ’n meer vleiende diagonale lyn vir ’n kulkunsie facelift in ’n japtrap”, is Cheryl se raad.

2. Blosser oor die neus

“Wend sommer ’n klein tikkie blosser op jou neus ook aan, dit lyk meer natuurlik, asof jy bietjie son gevang het. Dit sorg vir ’n glansende gloed wat gesond en natuurlik lyk”, verduidelik Charnie.

3. Kies die regte blosser vir jou vel ondertoon

Dit is belangrik om ’n blosser te kies wat by jou vel ondertoon pas. Baie mense dink net aan pienk as dit by blosser kom en vermy ’n blosser dan heeltemal.

As jou vel ’n warmer ondertoon het, kan jy met perske of meer oranje ondertone werk.  Daar is deesdae so ’n groot verskeidenheid kleure beskikbaar op die mark dat jy van rooi, pienk tot bruin en oranje ondertone kan gebruik. Elk is geskik vir ’n spesifieke veltoon – vind net die een wat die beste by jou gelaat werk, is Charnie se raad.

Van Charnie se gunsteling blosser reeks is die Benefit WANDERful World Blush reeks (R595 vir groot blosser, R350 vir mini grootte). ‘n Skakering vir elke veltoon:

Benefit WANDERful World Blush
Benefit WANDERful World Blush
Benefit WANDERful World Blush

4. Roomblosser is ‘n moet

Probeer ’n room- of vloeibare (liquid) tekstuur blosser. “Dit lyk “skin like” en meer soos jou eie vel as die poeierformule en is ook makliker om te manipuleer en aan te wend op die regte plekke. As jy ’n droë vel het, sal hierdie tipe blosser jou beste vriend wees, sê Charnie.

5. Die regte blos grimeerborsel is ook belangrik

Die borsel waarmee jy jou blosser aanwend, is ook baie belangrik. As jou borsel te groot en rond is, gaan jou hele wang-area vol blosser wees, wat onnatuurlik lyk. Gebruik eerder ’n “angular brush” wat kleiner is, sodat jy die blosser op die regte plek kan aanwend.

Sisley Blush Brush (R840)
The Body Shop Angled Blush Brush (R255)
The Skin Co Blush Brush (R600 ARC Store)

6. Gebruik ’n lipstif as alternatief!

Onthou ’n lipstiffie werk ook baie goed as jy nie ‘n blosser byderhand het nie. Tik dit sommer met jou vingers aan en blend blend blend, sê Charnie.  

Hier is ‘n paar van die grimeerkenners se gunstelinge:

MAC Cosmetics Mineralize Blush (R520)
MAC Cosmetics Glow Play Blush (R598)
Rare Beauty By Selena Gomez Liquid Blush (R859)
Gloei Skylighter Multi-use Blush Balm (R390)
Catrice Cheek Flirt Face Stick 010 (R126 Superbalist)
Sisley Le Phyto Blush (R1 040)

Grimeerkenners:

Charnie Piater
Cheryl Parker
Cheryl Parker
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Lyk ryk: 10 begrotingsvriendelike wenke om afgerond te lyk
error: Content is protected !!