4 Somer modepatrone wat ons nou wil dra

Wanneer dit by modepatrone kom is daar nie juis ’n patroon wat ons nog nie gesien het nie. Mode tendense word wel elke paar jaar herhaal – maar wat dit elke seisoen opwindend maak is hoe jy dit opnuut dra en stileer. Hier is vier van ons gunsteling modepatrone wat hierdie somer groot nuus is en ’n paar wenke oor hoe om elk te dra. Deur Justine Kroes

04/11/2022

1. Sebrastrepe

Ons het nog nie ’n dieremotief ontmoet waaroor ons nie gaande is nie! Gewoonlik is die luipermotief ’n gunsteling maar hierdie seisoen het modehuise soos Proenza Schouler (spring ready to wear 2022) vir ons gewys hoe sjiek die perd met pajamas se motief kan lyk.

Proenza Schouler Spring Ready to Wear 2022

Wenk: Ons stem saam dat wit en swart sebrastrepe altyd stylvol en tydloos lyk, maar waag ’n slag met kleur en dra ’n sebrastreep-patroon in kleur.

Zara Animal Print Satin Trousers (R799) & Blazer (R1399)

As jy nie braaf genoeg is daarvoor nie, kombineer jou swart en wit sebramotief met kleur, byvoorbeeld, helderkleurige gordel, skoene of handsak (selfs ’n helder oranje of pienk lipstiffie!).  Dit is nou ’n vars, moderne en vreugdevolle aanslag op die sebramotief.

Me & B Acid Animal Print Mesh Dress (R899)
Trendyol Zebra Print Scarf (R179 Superbalist)
Ateljee Kylie Shirtdress Zebra (R995)

2. 60’s swirls

Die 60’s se “psychedelic swirls” is tans oral te sien op sosiale media. ’n Patroon wat pret skree – kleurvol en energiek, “dopamine dressing” op sy beste.

Ons is veral gaande oor RuffTung se nuutste reeks met “swirls” oraloor.

Wenk: Hou die res van jou uitrusting meer simplisties – kies minimalistiese skoene en bykomstighede om die voorkoms vars en in die jaar 2022 en modern te hou.

Zara Loose Fitting Printed Kaftan (R1 699)
Mango One Piece suit Abby (R1 499)
Zara Wavy Print Midi Dress (R799)

3. Strepe

Strepe mag dalk soos ’n ou tendens klink, maar glo ons strepe in alle skakerings (veral helder) is in. Dié seisoen verg strepe aandag met bypassende stelle, groter en breër strepe is veral ’n gunsteling.

Mango One-piece suit Green (R1 199)

Wenk: Onthou die modereël – horisontale strepe laat jou korter lyk – en vertikale strepe het ’n vleiende en verslankende effek op jou voorkoms. Hoe wyer die streep – hoe groter die effek. Diagonale strepe is veral baie verslankend.

Me & B Striped Double Breasted Blazer (R899)
Mango Dress Aveiro (R1 499)
Mango Satin Print Blouse (R799)

4. Geometriese modepatrone

Kleurvolle strepe is in maar so ook sterk geometriese patrone in helder skakerings.

Wenk: Stileer hier ook met moderne bykomstighede om te verhoed dat jy lyk asof jy ’n tydreis geneem het reg uit die 70’s.

Vir ’n neutrale voorkoms, kombineer jou geometriese patroon met ’n neutrale skakering – vir ’n uitstaan oomblik dra jou patroon by ’n helder skakering (wat een van die skakerings in die patroon optel).

Country Road Print Pleat Basque Skirt (R1999)
Zara Geometric Print Shirt (R759)
Zara Geometric Print Dress (R1 099)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Pa mode (‘dad fashion’) –hierdie 90’s trend is nog sterk
error: Content is protected !!