4 Grimeerkunstenaars se gunsteling onderoog verbloemers

Ons deel 4 grimeerkunsteaars se gunsteling onderoog verbloemers met hul beste aanwendingswenke daarby. Psst; drie van die grimeerkunstenaars het dieselfde verbloemer as hul gunsteling beskryf: leer meer oor dié (en ander) verbloemers hier;

Deur Justine Kroes

19/05/2023

Charnie Piater

Charnie se top verbloemerwenke:

Minder is meer. Jy wil nooit te veel produk onder jou oog-area gebruik nie, dit kan jou vinnig ouer laat lyk wanneer dit in die fyn lyntjies gaan lê. Ek sit dus nie onderlaag onder my oog-area nie, slegs ’n “colour corrector”, indien nodig en dan ’n concealer.

Onthou enige roomtekstuur grimeerproduk gaan beweeg (crease) as dit nie “geset” word nie. Al gebruik jy ’n klein hoeveelheid poeier, gebruik dit om die onderoog verbloemer te set sodat dit nie beweeg deur die loop van die dag nie.

My heel beste wenk:

Gebruik jou vingers! In plaas van ’n grimeerborsel te gebruik, kan jy makliker die onderoog verbloemer met jou vingers aanwend en in jou vel blend en druk vir ’n meer natuurlike voorkoms.

Charnie Piater

Volg vir Charnie op Instagram hier en kontak vir Charnie op charniepiater22@gmail.com

Charnie se gunsteling onderoog verbloemers:

Maybelline Fit Me Concealer (R154,95 Woolworths)

My heel gunsteling onderoog verbloemer is Maybelline se Fit Me Concealer (R154,95 Woolworths). Die reeks het so baie skakerings om van te kies, byna een vir elke vel ondertoon. Die Fit Me Concealer het ook ’n lieflike tekstuur, en is nie te swaar vir die onderoog-area nie.

Maybelline Eraser Instant Age Rewind (R219,95 Clicks)

Die Maybelline Eraser Instant Age Rewind (R219,95 Clicks) verbloemer is ’n lekker een om in jou handsak of reissakkie te hou, want hy het reeds ’n sponsie aan die bopunt waarmee jy die verbloemer kan aanwend en blend. Handig en klein genoeg om in enige sak te pas. Die reeks het ook ’n wye verskeidenheid skakerings.

MAC Cosmetics Studio Finish Concealer (R485)

MAC Cosmetics Studio Finish Concealer (R485) werk wonderlik vir as jy baie donker kringe moet verbloem. Hierdie is ’n roomtekstuur verbloemer wat meer van ’n full coverage effek gee. Ek sal dit aanbeveel as jy baie donker kringe onder jou oë het of sukkel om merkies weg te steek.

Cheryl Parker

Cheryl Parker

My beste wenk sou wees om ’n ligte amper vloeibare tekstuur onderoog verbloemer te kies wat donker areas toemaak maar steeds lieflik hidrerend is.

Cheryl se gunsteling omderoog verbloemers

Maybelline Fit Me Concealer (R154,95 Woolworths)

Maybelline Fit Me Concealer (R154,95 Woolworths) is wonderlik vir ’n effense verhelderaar onder jou oë – veral vir iemand wat nie vreeslike donker kringe het nie, perfek vir “lightening en brightening”.

MAC Pro Longwear Concealer (R540 Superbalist)

MAC Pro Longwear Concealer (R540 Superbalist) is beslis ’n gunsteling – hierdie onderoog verbloemer bly op sy plek, plus die formule is lieflik hidrerend. Dit werk lieflik op iemand met fyn lyne onder hul oë – ’n formule wat te droog en poeierig is sal net mooi tussen daardie fyn lyne versamel en fyn lyntjies nog meer sigbaar laat vertoon.

MAC Cosmetics Studio Finish Concealer Duo

As jy sukkel met baie donker kringe onder jou oë, stel ek ’n room onderoog verbloemer voor. Ek gebruik graag MAC Cosmetics Studio Finish Concealer Duo, dit is ’n romerige tekstuur wat ek gewoonlik in blend met ’n klein sponsie (of die punt van ’n beauty blender), dit help om die produk mooi te set op die delikate vel- area. Hierdie een werk ook goed om donker pigmentasievlekke te verbloem.

Volg vir Cheryl op Instagram en kontak vir Cheryl hier https://www.instagram.com/makeupche/

Alicia Buckle

My beste onder oog verbloemer-wenk is om na aanweding die produk te druk teen jou vel sodat jy die molekules in die produk kan breek vir beter aanwending, die truuk laat ook die verbloemer langer hou. Ek sproei dan ’n klein hoeveelheid setting spray op my grimee borseltjie of sponsie en ek druk dit dan baie saggies in die vel in. Indien jy voel dat jou onderoog verbloemer bietjie rondskuif, stel ek die RCMA poeier voor, ’n ultra-fyn poeier wat jy kan gebruik om jou verbloemer te set. Ek kan jou waarborg dit sal nie sommer smeer of beweeg nie!

Volg vir Alicia op Instagram en loer na haar handige grimeervideos hier.

Alicia se gunstelinge:

Maybelline Fit Me Concealer (R154,95 Woolworths
Dior Backstage Concealer (R690 Edgars)
RCMA Makeup The Original No Colour Powder (R360)

Twee van my gunsteling onderoog verbloemers is Dior se Backstage Concealer (R690 Edgars)  en die Maybelline Fit Me Concealer (R154,95), hy hou lekker lank, bied goeie dekking en lê nie in fyn lyntjies nie, beslis ’n gunsteling vir elke dag. Daarby ook die RCMA Makeup The Original No Colour Powder (R360 Muse Beauty).

Algria Ferreira

Hier is Algria se gunsteling aanwendingsmetode vir onder die oë:

  • Ek berei eerstens die oogarea voor met ’n hidrerende room (Bobbi Brown se Vitamin Riche Eye Baume)
  • Hierna wend ek onderlaag, BB-room of gekleurde sonskerm aan, en liggies om die oogarea. Met hierdie metode word daar minder concealer benodig
  • Ek wend dan verbloemer net in die binneste en buitenste ooghoeke aan (ek gebruik baie min produk) en versprei dit ligweg met ’n baie sagte grimeerborseltjie sodat dit basies net die onderlaag en sonskerm meng.
  • Daarna wend ek ’n oogverhelderaarpoeier aan, gunstelinge is Charlotte Tilbury Eye Bright of Laura Mercier se Eye Brightening Powder.
  • Pssst; onthou – sorg altyd dat jy ’n oorstokkie byderhand het om die binnehoek van jou oog uit te vee
  • Eindig dan met ’n spuitjie van jou gunsteling verfrissende watersproei soos La Roche Posay of Vichy om die voorkoms te set.

Algria se gunsteling onderoog verbloemers

Two Faced se Born this Way Multi-Purpose Concealer (R740 musebeauty.co.za)
Westman Atelier se Vital Foundation Stick (R1490 Skins Cosmetics)

Ek het ’n klompie gunsteling verbloemers wat ek graag gebruik; NARS (kom binnekort Suid-Afrika toe). Ek hou ook van Two Faced se Born this Way Multi-Purpose Concealer (R740 musebeauty.co.za) and Highlighter en Westman Atelier se Vital Foundation Stick (R1490 Skins Cosmetics).

Volg vir Algria op Instagram hier en kontak vir Algria by algriax@gmail.com

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Lyk ryk: 10 begrotingsvriendelike wenke om afgerond te lyk
error: Content is protected !!