15 Winter modetrends 2023

Koeler wintersoggende het aangebreek, maar as ons so na die winter modetrends kyk, gaan die korter wintersdae enigiets behalwe grou en grys wees. Vanjaar se trendnavorsing het ons opnuut laat besef dat modes altyd terugkeer, ons wonder hoe baie van julle sal steeds van die Y2k items in jul klerekaste hê?!

Van denim tot deursigtig, blink en kleurvol, die winter se modetrends het ons opgewonde vir warmer aantrek. Loer na die 15 wintertrends op ons stylradar hier. Deur Justine Kroes

21/04/2023

15 Winter modetrends

1. Denim

Denim cargostyl broeke, denim jasse, denim jumpsuits, denim midi- en maksirompe selfs die “denim on denim” tendens is terug en groter as ooit van te vore.

Dion Lee Fall 2022/ Isabel Marant Fall 2023/ Thebe Magugu Fall 2023

Wenk: Om jou denim voorkoms meer gepas te maak vir werk – kies dalk ’n donkerder denim was – dit lyk meer gepoleerd en netjies as ’n ligter was.

Me & B Denim Boiler Suit (R1299)
Zara Denim Trench Coat (R2399)
Zara Denim TRF Cargo Skirt (R859)

2. Disco vir die dag (en aand)

Hierdie trend is ’n gunsteling in die Stylvol hoofkantoor. Dink aan blink/sequins items wat jy saans maar ook deur die dag kan dra. Daar is net iets omtrent blink materiale wat enige vrou se hart vinniger laat klop!

Superbalist Sequin Blazer (R1199)
Mareth Colleen Sequined Jacket (R1499)
Zara Cape with Sequined Fringing (R1459)

3. ’n Jas wat netjies pas

Jasse het ons elke winter opgewonde en hierdie winter veral. Vir dié seisoen – dink aan jasse van tekstuur, kleur en lank – tot op die grond. Snoesige teddyjasse is steeds ’n gewilde keuse en daarby ook “faux fur” donserige jasse. Leer (of kunsleer) jasse is ook populêr. Denim jasse (hallo Y2k!) en kleurvolle jasse in skakerings van die reënboog.

Stella McCartney Fall 2022/ Dolce and Gabbana fall 2022/ Gucci Fall 2023

Wenk: Daar is baie jasse om van te kies dié seisoen maar hou die res van jou winterklerekas in gedagte en dink waarby jy die jas sal aantrek – minstens 3 verskillende uitrustings.

Poetry Jewel Textured Coat (R1799)
Foschini Double Breasted Coat (R859)
The Fix White & Purple Checkerboard Coat (R629,99)

4. Y2k sonbrilstyle

Nou is die tyd om jou laat 90’s en vroeë 2000’s sonbrilstyle uit te bring! Asof die “low-rise” denims en “trucker”-styl kepse wat terug is nie Y2k genoeg is nie. Deursigtige rame, piepklein lense, omvou rame en sportiewe styl sonbrilrame is terug in al hul glorie.

Gucci Fall 2023 Ready To Wear

Ons is nog nie heeltemal so seker oor die tendens nie, maar die 90’s kind in ons verlang beslis terug!

Wenk: As jy ’n Y2k sonbrilstyl kies, maak dalk seker die res van jou uitrusting is ’n tikkie meer modern en dat jy nie ’n tydreis reg uit die 2000’s geniet het nie!

5. Drapering detail

Engels verduidelik die tendens as “gathered” of “draped”, dink aan rokke en bloese met drapering detail. Gesien op ontwerpers Stella McCartney, Dion Lee en Leowe se AW 2022 se loopplanke is hierdie afwerking nou ook volop in die winkels beskikbaar.

Stella McCartney Fall 2022/ Dion Lee Fall 2022/ Loewe Fall 2022

Wenk: Hou jou lyfvorm in gedagte en kies ’n item wat vleiend gedrapeer is, byvoorbeeld om dalk jou middel te beklemtoon. Of drapering op jou skouers om jou proporsies te balanseer.

Mareth Colleen Zander Top (R550)
Zara Draped Tie Dye Knit Top (R729)

6. Midi en maksi-rompe

Potloodstyl rompe en enkel-lengte rompe is terug en vervang die mikro miniromp trend (dankie tog!). Gewilde style is satyn of gebreide (knit) effek en denimrompe. Ons sal die meer noupassende rompe stileer met bonkige snoesige truie en die meer lospassende denimstyl rompe met ’n styfpassende polonek om daardie perfekte balans in die uitrusting te behou.

Me & B Maxi Denim Skirt in Pink (R799)
Country Road Satin Midi Skirt (R1999)
Mango Skirt Soleil Mid Blue (R799)

7. Truie wat aandag trek

Vergeet gerus van jou pastel trui skakerings die seisoen en kies een wat aandag trek, helder kleure en bont, besige patrone is aan die orde van die dag wanneer jy jou volgende trui kies!

Me & Be Stripe Longer Length Jumper in pink & red (R799)

Wenk: Leer meer hier om die regte trui te kies vir jou lyfvorm.

Me & B Button Through Cardigan in Vibrant Animal (R899)
Poetry Romie Stiped Jumper (R899)
Old Khaki Women’s Cadie Spot Knit (R799)

8. Weer vir leer

Hierdie seisoen is enigiets leer (of kunsleer) ’n moet, van leer militêre jasse, broeke, rompe en rokke. In swart, beige of enige kleur van die reënboog – maak net seker jy het iets leer (of kunsleer) in jou winter klerekas arsenaal die seisoen. Op ons wenslysie is ’n leer effek “trench coat”, staan verby Matrix!

Wenk: hou jou begroting in gedagte, ’n egte leer item kos heelwat meer as kunsleer ontwerpe.

Mango Trench Coat Black (R2999)
Mango Trousers Lille (R799)

 9. “Cargo” broeke

Die utility tendens is steeds groot en so het die cargo broek weer sy terugkoms gemaak. Die Cargo broekstyle was volop by verlede jaar se modeweek, veral duidelik in Isabel Marant se modevertoning. Die truuk met die cargo broek is om een te vind wat die beste by jou lyfvorm pas. Die bonus is natuurlik al die ekstra sakke om jou lipglans in te verloor!

Wenk: Stylkenner Marilize de Clercq se “cargo” broek wenk – kies een wat jou lyfvorm gaan vlei, wees versigtig waar die sakke geplaas is en dat dit nie die voorkoms van ekstra “gewig” skep nie.

H&M Wide Cargo Trousers (R429)
Zara Straight Leg Cargo Trousers (R729)
The Fix Women’s Fatigue Co-Ord Pants (R349,99)

10. #Balletcore trend

Ballet skoene se nuutgevonde faam is te danke aan die #balletcore tendens wat einde 2022 as ’n trend in die mode wêreld gegons het. Die tendens neem letterlike mode-inspirasie van grasieuse en elegante ballerinas. Die idee is dat jy jou “barre” oefen styl klere nou op straat ook kan dra.

Dink sagte tulle rompe, leotards in die vorm van bodysuits en omvou ballerina styl truie. Die grootste uitstaan item van die trend is natuurlik die minimalsitiese ballet skoen.

Zara High neck bodysuit (R429)
Zelat Midi Tier Tulle Skirt (R1600)
Zara Leather Ballerinas With Bow Detail (R859)

11. Stewels vir almal

Kniehoogte (ook bo-oor die kniehoogte) stewels is die seisoen ’n groot modetendens en lyk ewe mooi by broeke, rompe en sagte wintersrokke. Nog ’n gewilde keuse is die kousstewel (sock boot) wat lekker gemaklik soos ’n sokkie en stewel aaneen pas.

Die skoenstyl was ’n gewilde keuse by ontwerpers Louis Vuitton Bottega Veneta en Etro.

Bottega Venetta Fall 2022/ Louis Vuitton Fall 2022/ Etro Fall 2023

Wenk: die truuk is natuurlik om die regte paar te vind wat bo oor jou kuite pas en maklike genoeg oprits. Let ook op waar die stewel eindig en dat dit nie op die wydste gedeelte van jou been val nie – dit sal aandag trek na daardie gedeelte toe.

12. Deursigtig (sheer)

Die deursigtige tendens van bloese en rokke is oral te sien. Ons hou veral van ’n deursigtige langmourok bo oor ’n slooprok, die verskillende lae maak die voorkoms meer interessant.

Wenk: Die deursigtige deel hoef nie té deursigtig (soos op meeste loopplanke nie) te wees nie.  Interpreteer die styl en dra dit op ’n manier wat vir jou gemaklik sal laat voel, soos byvoorbeeld jou deursigtige bloes met ’n moulose vessie onderaan.

Woolworths Animal Print Turtleneck Mesh Bodycon Dress (R499)
Zara Tulle Midi Dress (R729)

13. Kleure van die reënboog

Veral kobaltblou en rooi is groot hierdie winter seisoen. Chartreuse is nog ’n gewilde (amper ongewone) kleur en daarby ook oranje, helder pienk, pers en geel wat tans volop is net waar jy kyk. Moet nie van neutrale skakerings vergeet nie – die winterseisoen is creige (beige en grys gemeng) nog ’n populêre skakering.

Wenk: As jy onseker is of ’n kleur by jou veltoon pas, moet dit nie naby jou gesig dra nie – dra eerder die skakering in ’n romp of broek, handsak of skoen.

Witchery Classic Double Breasted Blazer (R2999)
The Fix Women’s Chartreuse Lattice Blazer (R399,99)
The Fix Orange Blazer Suit (R399)

14. Die klassieke kraaghemp – met ’n verskil

Dink aan jou klassieke wit kraaghemp, maar kies die seisoen een met ’n onverwagse element. Dink korter, interessante kraagdetail of selfs wye moue. Ontwerper Prabal Gurung het interessante patrone op sy ontwerpe ingesluit en ons hou veral van Tory Burch se prettige krae.

Jacquemus Fall 2022/ Tory Burch Resort 2023/ Prabal Gurung Resort 2023

15. Volhoubare mode

Daar word al hoe meer aandag gegee aan volhoubarheid in die modewêreld.  Selfs van die grootste modehuise en kettingwinkels is vinnig besig om hul kleermaak-metodes te herdink en verander. Ons hou van die aandag wat die mode-tendens geniet en daag onsself ook uit om ’n meer eko-vriendelike benadering tot mode te volg. Leer hier hoe jy meer volhoubare en eko-vriendelike modekeuses kan maak:

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
gavin rajah
Kleurvolle patrone is nou groot nuus: Gavin Rajah se raad en nuwe sakpas reeks.
error: Content is protected !!