11 Trui-trends

As jy graag gedurende die winter ’n trui dra – loer hier vir 11 trui-trends tans op ons stylradar. Van grafiese patrone tot die klassieke kabeltrui, truie vol glinster en glanstruie plus nog vele meer. Hierdie seisoen se truie is allesbehalwe minimalisties en vervelig – loer hier vir ons topkeuses; Deur Justine Kroes

11/06/2023

1. Grafiese (helder) patrone

Truie met interessante grafiese patrone; van strepe tot skaakbord en selfs optiese illusive-tipe ontwerpe in helder skakerings is ’n groot tendens hierdie winter.

Kies ’n kleurvolle trui wat uitstaan hierdie winter, ons top dopamienmode (goedvoelmode) wenk!

Mr Price Oakridge Jacquard Crew Knit (R279,99)
Me and B Groovy Daisy Jumper (R699)
Edgars FREE 2BU Swirl Crew Pullover (R299,99)

2. Truie met driekwart ritssluiters

Quarter-zip knits”, so word hierdie tendens beskryf; ’n trui wat vanaf ’n V-nek hals tot ’n hoë toenektrui opgerits kan word. Ons hou van hierdie nuwe truistyl – jy kan dit maklik layer met ’n polonek onderaan vir bibberkoue dae. Die V-neklyn is vleiend, plus as jy koud kry kan jy ook eenvoudig net die trui vinnig toerits.

Mango Sweater Rizon (R799 Superbalist)
Poetry Ella Mae Rib Jumper (R899)
Foschini Zip Collar Jersey (R429)

3. Glinster- en glanstruie

Met hierdie trend kan selfs die wol metaalskakerings hê en skep dadelik ’n tikkie glans by enige uitrusting. Hou ook ’n ogie oop vir truie met sequins of bonkige blink versierings soos byvoorbeeld glinsterende knope en afwerkings.

H&M Glittery Jumper (R429)
H&M Rhinestone Bow Rib Knit Cardigan (R429)
Forever New Carrie Metallic Textured Knit Jumper (R1 099)

4. Donserige truie

Hierdie tendens word besrkyf as “fuzzy knits”. As jou Ouma al vir jou ’n trui gebrei het, is die kanse goed dat jy dalk eenkeer so ’n donserige trui ontvang het! Indien jy braaf genoeg is, hou ons veral van die trui-tendens in helder skakerings.

Zara Alpaca Wool Blend Knit (R2 199)
The Fix Women’s Green Fur Knit Top (R199,99)

5. Die kabeltrui

Die Cable Knit bly ’n tydlose trui. Vir die wat eerder ’n kapsuleklerekas aantrekstyl volg, is so ’n trui ’n goeie opsie, een wat tans hoogmode is, maar in die komende seisoene steeds ’n klassieke item in jou klerekas sal bly.

Poetry Jeanna Colour Detail Cabled Jumper (R999)
H&M Cable Knit Jumper (R629)
Adidas Originals Women’s Cable Knit Cream Jersey (R2 299,95)

6. Hoëhals truie

Die polonekstyl truie is vanjaar ’n gunsteling – kies jou hoënek trui met patrone, strepe of in ’n helder skakering om die trui na 2023 te bring.

Zara Knit Sweater With a Wide Round Neckline (R799)
Mango Sweater Merlin Mid Blue (R799)

7. Die negatiewe spasie-trui

Oftewel die “cut-out” trui, wat verwys na ’n trui waar daar ’n oop of “uitgeknipte” gedeelte is. Ons gunsteling is ’n oop rug of ’n gedeelte waar jou decolletage effens wys. ’n Subtiele, sexy trui maar steeds elegant en gesofistikeerd.

Zara Cutout Knit Sweater (R1 039)
Trendyol Cutout Sweater Vest (R349)

8. Die moulose trui/vessie

Die “sweater vest” of moulose trui is oraloor ’n gewilde keuse. Die perfekte “layering” stapelitem. Dra dit meer formeel met ’n kraaghemp onderaan of meer gemaklik met ’n deursigtige langmouhemp by jeans. Beskikbaar in verskeie ontwerpe, die crew neck (ronde nek) en V-nek style is veral populêr in neutrale skakerings of in strepe.

Poetry Louis Stripe Sleeveless Jumper (R799)
Just Cruizin Olivia Cotton Sleeveless Pullover (R756)

9. Interessante moue

Truie met wye of oorgroot en uitklok moue is in. Psst … wees net versigtig vir té oorgroot en wyd – met sulke moue sal mens heeldag sukkel om dinge gedoen te kry!

H&M Oversized Turtleneck Jumper (R529)
Poetry Romie Striped Jumper (R899)

10. Trui met borduurwerk

Nee nie heeltemal soos jou ouma s’n nie – dink aan helder, meer moderne borduurwerk op truie. Klein aanwerk “rosette” rosies is ook die seisoen gewild op truie, enige persoon met ’n vintage stylpersoonlikheid se droom!

Poetry Luna Stitch Interest Floral Jersey (R999)
Zara Knit Sweater with Pearl/beads and Rhinestones (R1 459)

11. Kraagtruie

Is een van ons gunstelinge die seisoen, die trui vir almal. Dra dit meer gemaklik met denims of meer formeel by ’n romp en gestapelde hangertjies om jou nek. Die snit voel modern en vars eerder as jou ou doodgewone rondenek truitjie.

Forever New Sonia Polo Knit Jumper (R999)
Poetry Lillian Stripe Jumper (R899)

Lees ook meer hier: Hoe om die regte trui vir jou lyfvorm te kies

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Van moderedakteur tot voorkomskonsultant; Belangrike stylwenke waarvan elke vrou moet weet
error: Content is protected !!