Sy het duisende balle in die lug en min tyd vir elke dag mooimaak, maar hier is 11 skoonheidswenke van Donnalee Roberts; aktrise, vervaardiger, mode-ontwerper, model, nuwe mamma, noem maar op! Deur Justine Kroes & Suzanne Kotze
Skoonheidswenke van Donnalee Roberts; haar 11 bestes!
Hierdie skoonheidswenke van Donnalee Roberts, wat tussendeur haar besige skedule en eenjarige seuntjie, nie veel tyd het om af te staan aan skoonheid nie, laat mens net weer onthou watter van die ‘basics’ ons daagliks vergeet en weer moet toepas! Van velsorg tot my-tyd.
Wenk 1: ’n Goeie velsorgroetine is belangrik
Ek gebruik al die afgelope ses jaar Neostrata en ek is so gelukkig met die resultate.
Ek glo in ’n gesonde, gelukkige vel. Omdat my werk soms uitdagend kan wees met lang ure op stel en min slaap is ’n goeie velsorgroetine ekstra belangrik.
My vel was altyd sensitief en jeukerig en ek het gereeld ’n uitslag gekry. Dit is eers vandat ek Neostrata begin gebruik het, dat my vel begin het om te settle.
Ek hou daarvan dat die Neostrata-produkte aktiewe bestanddele bevat. So wanneer ek hard werk, werk my velsorgprodukte ook hard. Selfs wanneer ek slaap, werk my velsorgprodukte steeds.
My vel is geneig om olierig, maar gedihidreerd te wees. Die Neostrata Skin Active reeks werk fantasties om dit te balanseer.
Die produkte wat Donnalee in haar daaglikse velsorg-roetine gebruik
Gesigwas: Ek wissel tussen NeoStrata Skin Active Exfoliating Wash en Exuviance Purifying Cleansing Gel. As daaglikse oogroom gebruik ek Skin Active Repair Intensive Eye Therapy. Ek gebruik dan die Skin Active Anti Oxidant Defense Serum en die NeoStrata Skin Active Matrix Support SPF 30 (R910). Ek gebruik ook Heliocare 360 Color Gel Oil-Free (R455).
Ek gebruik graag die NeoStrata Smooth Surface Glycolic Peel Pads voor spesiale geleenthede soos ’n fotosessie. Jy kan dit wel ook – soos die naam sê- daagliks gebruik.
Die Skin Active Repair Intensive Eye Therapy oogroom is wonderlik, en dit werk veral lekker onder grimering.
Die produkte wat Donnalee saans gebruik
Saans wissel ek af tussen die NeoStrata Skin Active en Correct reeks en dit werk wonderlik. Die serums wat ek afwissel is Firming Collagen Booster, Retinol Night Serum en Overnight Anti-Pollution Treatment.
Saans gebruik ek die Retinol Eye Cream. My nagroom is Skin Active Cellular Restoration en ek smeer die Triple Firming Neck Cream aan my nek-area.
Wenk 2: Gesonde vel kom ook van binne; hidrasie is belangrik
’n Mens kan die beste velprodukte ter wêreld gebruik, maar dit is so belangrik om jouself van binne af op te pas en te voed. Soos wat ’n mens jou vel van die buitekant af voed, moet ’n mens jou vel van die binnekant af ook voed.
Baie water klink dalk soos ’n ‘cliché’ maar dit speel ’n groot rol in jou vel se hidrasie. Ek hidreer verder ook my vel deur gegeurde of gesondheidstee te drink. Ek gebruik teedrink as ’n ritueel om myself nie net te hidreer nie, maar ook ’n bietjie tyd vir myself te neem en om uit die gejaag te ontsnap terwyl ek vir myself tee uit ’n mooi teepot in my koppie skink.
Wenk 3: Eet gebalanseerd
Om gesond te eet is nie altyd maklik nie, maar ek glo absoluut in balans as dit by eet kom. Al is ek baie lief vir pizza, is ek net so lief vir gesonde, vars kos. Ek glo dit gee my energie vir my soms 16 uur lange werksdae.
Ek glo in balans in alles in die lewe, ek het ’n groot strewe na balans, ek weet dit is nie altyd bekombaar nie, maar ’n mens moet ten minste probeer.
Maak tyd vir jouself
Wenk 4: Neem elke dag tyd vir jouself; al is dit net vyf minute
Ek moes hard werk om dit vir myself aan te leer! Al sit jy net ’n paar minute in die sonnetjie (met sonskerm aan). Gebruik hierdie paar minute en dink aan drie dinge waarvoor jy dankbaar is in jou lewe terwyl jy net sit en in die oomblik is.
Op ’n holistiese vlak is dit so belangrik om mind, body en soul gesond te hou ook as jy gesonde, gelukkige vel wil hê.
Omdat ek so baie grimering op stel dra, verkies ek om so min as moontlik grimering na ure te dra.
Wenk 5: Maak sonskerm jou basis.
Om my vel goed te hidreer en te beskerm gebruik ek daagliks Neo Strata Matrix Support SPF (wat glad nie olierig is nie!). Bo-oor dit gebruik ek Heliocare 360 se SBF. Die Heliocare is taamlik matt op my vel, wat ek verkies omdat my vel geneig is om te blink, dit laat nie my vel droog of ‘moeg’ lyk nie.
Wenk 6: Maskara is ’n moet
Ek kan nie sonder maskara nie, want ek is nie geseënd met lang, vol wimpers nie. Ek sit sommer vyf lae aan.
Baie van die maskaras laat my wimpers aanmekaar vasklou en dan lyk ek of ek net vyf wimpers het. Benefit se Roller Lash Mascara doen dit nie en dit verdubbel maklik die lengte van my wimpers. Dit is dalk duurder, maar dit hou lank en laat ook nie my sensitiewe oë traan nie. Ek het dit selfs by my troue aangehad en al het ek lekker gehuil, het ek geen gesmeerde maskara gehad nie. Ek gebruik dit ook op stel as my karakter moet huil.
Wenk 7: Son-gesoende blosser lyk natuurlik
Ek hou baie van ’n ‘sun-kissed’ blosser – hoe meer natuurlik hoe beter vir my.
Wenk 8: ’n BB-room vir ligte dekking.
Ek gebruik ook ‘n BB-room wat nie te veel dekking gee nie. Ek verkies dat my vel so natuurlik moontlik lyk.
Wenk 9: Rooi lippe is veelsydig.
Ek sal veel eerder ’n lekker kleur op my lippe dra as ooggrimering. My heel gunsteling lipkleur is die MAC Cosmetics Cherry Red. Dit is steeds helder, maar met ’n diep rooi skakering.
Ek glo rooi lippe is baie veelsydig, ek dra dit meer formeel vir die rooitapyt maar ek dra dit ook graag met ’n T-hemp, denim en tekkies.
Wenk 9: ’n Nagserum vir droë hare
Gelukkige, gesonde hare is vir my net so belangrik soos ’n gelukkige en gesonde vel. Ek het natuurlike krullerige hare en my hare kan baie droog raak.
Ek gebruik graag Kerastase Blond Absolu Sérum Cicanuit 90ml (R1060) se fantastiese nagserum, wat ek in die aand aan my hare aanwend en teen die volgende oggend is my hare gehidreer.
Ek gebruik ook graag Kérastase se Nectar Thermique (R490) , ’n ongelooflike ‘blowdry’ produk.
Wenk 10: As jy wil ligter gaan, doen dit geleidelik.
Baie mense het my destyds op 7de Laan leer ken met donkerbruin sjokoladekleur hare. Dit is egter glad nie my natuurlik kleur nie, en oor die jare is my hare al hoe donkerder gekleur.
Ek is tans besig om geleidelik weer ligter te gaan na my natuurlike donkerblonde wortels toe. Dankie tog vir my talentvolle haarstilis; That Guy at Tosca.
Ek vertrou my haarstilis en ek neem eerder die langer pad na ligter hare. Ek wil nie my hande klap en oornag ligter gaan nie, ek wil seker maak my hare bly in ’n goeie kondisie.
Wenk 11: ’n Reguit snit onder laat jou haarpunte dikker en gesonder lyk
My top haarwenk is om my hare aan die onderkant reguit te knip, dit laat my punte dikker en gesonder lyk en voel. Met lae het ek in die verlede gevind dat my krulhare droog en gebreek lyk
As jy 11 Skoonheidswenke van Donnalee Roberts geniet het, lees gerus ook
Donnalee se liefde vir patrone, hoe om dit te stileer en patrone wat nou mode is.