Mooiste linnerokke vir warm dae

Linnerokke is tans op ons kooplysie om koel te bly in hierdie snikhete warm weer. Het jy geweet linne behoort ’n stapelitem vir al die seisoene te wees, ’n materiaal wat jou koel hou in die somer en warm hou in die winter? Linne absorbeer sweet sonder om klam te voel en hou jou liggaam koel, ’n moet vir warm dae! Leer meer hier oor hoekom jy dalk ’n linnerok moet kies en 10 van die mooiste linne somersrokke op ons stylradar. Deur Justine Kroes

23/02/2024

Kies linnerokke, hier’s hoekom:

1. Linne hou jou koel

Linne is ’n natuurlike vesel en materiaal, dit is nie sinteties nie, wat beteken linne laat lug deur die vesels van die materiaal vloei, anders as sintetiese materiale. Dit voel koel omdat die vesels lank en wyd is en meer lug so kan deurlaat.  

2. Hou jou droog

Linne kan ook vog afweer, wat beteken dit hou jou sweetvry en droog op ’n warm dag. Linne kan tot 20% van sy eie gewig in water opneem voordat dit nat of klam voel. Nog ‘n rede hoekom linnerokke in ons klerekaste hoort

3. Linne is nie net vir somer nie

Linne is ’n besonderse materiaal wat tydens koeler maande ook gedra kan word – dit is ’n termo-regulerende materiaal, wat beteken dit behou hitte soos nodig en hou jou ook warm wanneer dit koud is.

4. Ingeleefde linne lyk die beste

Linne hoef nie eksie perfeksie te lyk nie – linne se kreukels gee karakter, jy kan beslis daarmee wegkom om jou linnekledingstuk met plooie en al te dra.

5. Lees die etiket

’n Kombinasie linnerok pas dalk jou sak beter. Lees die etiket, ’n “linen blend” kledingstuk is gewoonlik ’n kombinasie van linne en katoen, of rayon en nylon, die % sal aangedui word op die etiket. Hierdie opsies is gewoonlik meer sakpas linne-opsies en sal ook nie so maklik kreukel nie.

6. Sorg so vir jou linnerokke

Jou linne het nie enige versagmiddels nodig tydens die wassiklus nie, hoe meer jou linne-item gedra word, hoe sagter word dit. Was altyd op ’n kouesiklus en laat natuurlik droog word, uit direkte sonlig.

7. Linnerokke in helder skakerings? Ja natuurlik!

Linnekledingstukke beteken lank nie meer vervelige neutrale of wit skakerings nie – linne is deesdae beskikbaar in byna al die kleure van die reënboog en nog meer. Loer net na al die mooi opsies hier:

10 Mooiste linnerokke op ons wenslys

1. Desray Green Swing Vest Dress (R1 800)

Desray Green Swing Vest Dress (R1 800)

Hoe mooi is hierdie groen skakering? Hierdie lyk soos die perfekte aangliprok op daardie warm somersdae as jy nie weet wat om aan te trek nie. Die rok het ’n koel moulose ontwerp, plus die rok het sakke! Dra dit met ’n gordel as jy jou middel wil beklemtoon of daarsonder as dit eenvoudig net te warm is.

Hierdie rok van Desray is ’n materiaalkombinasie van rayon en linne.

2. Anna J Luxe Wear Chloe Linen Dress (R1 799)

Anna J Luxe Wear Chloe Linen Dress (R1 799)

Hierdie wit afskouerrok is perfek gesny en tref al die regte kurwes om ’n klein middel voorkoms te skep. Die kraakwit rok voel vars en ons weet die linnemateriaal sal ons koel hou op ’n warm dag. Die afskouers is ’n goeie opsie vir vroue wat nie hul hele bo-arm wil wys nie, en die oop skouers sal jou koel genoeg jou. Die rok is ook in ’n pragtige pienk skakering beskikbaar.

3. Cyla Gonsolves The Linen Daisy Dress (R1 100)

Cyla Gonsolves The Linen Daisy Dress (R1 100)

’n Perfekte somersrokkie, lospassend, nie te lank of te kort nie, dubbele valle op die skouers, ’n v-nek halslyn EN die rok het sakke! Hierdie pragtige ontwerp deur Cyla Gonsolves is gemaak uit suiwer linne en is ’n afwit, room skakering. As jy nie graag bene wil wys nie, is die rok ook in ’n langer weergawe beskikbaar.

4. Forever New Mila Cutout Linen Midi Dress (R1 899)

Forever New Mila Cutout Linen Midi Dress (R1 899)

Hierdie eenskouer ontwerp en sagte pienk blompatroon het dadelik ons harte gesteel. Die afwerking van die “cutout” gedeelte en die dubbele bandjies maak die ontwerp net destemeer interessant. Die rok is gemaak van linne, so ons weet hy gaan gemaklik sit en nog meer gemaklik voel aan jou lyf.

5. SMUDJ Marlee Bare Shoulder Dress (R1 799)

SMUDJ Marlee Bare Shoulder Dress (R1 799)

Hierdie rok sal jou koel hou EN koppe laat draai! Die eenskouer pofmou ontwerp is uniek en pragtig. Die rok is ’n lospassende “tier” styl wat lospassend sit en gemaklik aan sal voel. Hierdie 100% linne rok is beskikbaar in 3 skakerings, swart, appelgroen en liggroen.

6. Sitting Pretty Corry Linen Wrap Dress (R1 899)

Sitting Pretty Corry Linen Wrap Dress (R1 899)

’n Oorvou- midilengte rokontwerp met ’n gordel om jou middel te beklemtoon, met ’n effense rek om die middel (wonderlik vir beweging in ’n linnerok!). Die rok het sakke, moue wat kan oprol en ’n gleuf aan die sy van die rok. Hierdie 100% suiwer linnerok is beskikbaar in ’n room en swart skakering.

7. Hadassa Collection Surrender Shirt Dress Blue Linen (R1200)

Hadassa Collection Surrender Shirt Dress Blue Linen (R1200)

Hoe pragtig is hierdie blou patroon wat op ’n linnemateriaal gedruk is – die kraag en knopie afwerking maak die rok formeel genoeg vir werk, en met hierdie prettige patroon kan jy die rok ook meer gemaklik stileer. Loer hier vir nog pragtige linne opsies van Hadassa Clothing.

8. Me & Be Wrap Dress in Cerise Pink (R999)

Kyk, ons weet nou al teen hierdie tyd Me &Be stel nooit teleur nie. Loer net hoe perfek is hierdie linne kombinasie oorvou (wrap) rokke in pienk, oranje, geel “mango” skakering en ’n spikkel swart en wit skakering. ’n Gemaklike oorgooi somersrok, midilengte en kapmoue. Watter kleur is jou gunsteling?

9. Mareth Colleen Thomas Dress 100% Linen (R1 899)

Mareth Colleen Thomas Dress 100% Linen (R1 899)

’n Lieflike lospassende somersrok – perfek vir die wat nie graag bo-arms wil wys nie. Die rok is beskikbaar in ’n groen en swart 100% linnemateriaal. Die rok se mou ontwerp skep ’n modieuse voorkoms, en jy kan dit oop as ’n v-halslyn dra of net toegebind met die strik.

10. Lazuli Dahlia Reversible Wrap Dress (R1 800)

Lazuli Dahlia Reversible Wrap Dress (R1 800)

Hierdie linne en rayon materiaal kombinasie rok is beskikbaar in skakerings van swart, wit, rooi, steenkleur asook ligpers. ’n Midilengte rok wat agterstevoorom ook gedra kan word – twee rokke in een. Die romp gedeelte het selfs sakke!

Ons is groot aanhangers van Lazuli se linne-ontwerpe en kan getuig dat dit jou beslis koel sal hou op ’n snikhete warm dag!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Van moderedakteur tot voorkomskonsultant; Belangrike stylwenke waarvan elke vrou moet weet
error: Content is protected !!