10 Moet-hê sandale dié somer

Die somer is uiteindelik hier en ons het die top sandaaltrends opgespoor vir hierdie somerseisoen. Van fyntjies en platform tot bonkige “dad”-sandale,hier is die 10 moet-hê sandale vir die somer. Hier is beslis ’n styl vir elkeen. Deur Justine Kroes

1. “Dad”-sandale

Nes Balenciaga die bonkige tekkietrend (bekend as die “dad-shoe”) begin het, so het die bekende modehuis Chanel die sportiewe “dad sandal” ontwerp. Hierdie sandaal met gekwilte afwerking, het twee bandjies bo-oor jou voet met ’n taamlike dik sool. Dit het blitsvinnig die nuutste moet-hê sandaal geword. Net soos die bonkige “dad-shoe” hou ons daarvan om hierdie sandale te kombineer met sagte, vroulike klere-items. Dit lyk stylvol maar skep ook balans in so ’n uitrusting.

Quilted Velcro Slingback Sandal (R599 Woolworths)
Carmen Chunky Slingback Sandal (R699 Public Desire)
Woolworths Quilted Chunky Sandals
(R499)

2. Platformsandale

Met die 90’s wat vanjaar terugkeer soos nog nooit van te vore nie is platformskoene en veral platformsandale baie gewild (dankie Spice Girls!).

Wenk – maak seker die paar wat jy kies is nie te swaar nie, ons het al ’n paar aangepas wat net te swaar was, ’n geswikte enkel wag om daardie draai!

Witchery Nimi Leather Flatform (R1499)
Fitflop Eloise Leather Flatform (R2299)
Zara Leather Platform with Thin Straps (R759)

3. Sandale met fyn bandjies

Hierdie sandaal-trend word beskryf as “nearly there sandals”. Bandjies so fyn, dit is amper nie eens sigbaar nie. ’n Sandaal wat beslis geskik is vir daardie dames met fyn en slanke voete.

Wenk; as jy graag die trend wil probeer maar jy is huiwerig, kies dalk ’n skoen met effense dikker bandjies.

Flat Strappy Sandals (R599)
Witchery Ivanan Leather Sandal (R999)
Milla Jae Sandal (R199 Superbalist)

4. Sandale met versierings

Juwele vir jou skoene is nou ’n trend, met van pom poms tot bonkige gespes en selfs kristalle wat blink. Hoe bonter en blinker hoe beter.

Wenk: As jy huiwerig is vir hierdie “meer is meer” aanslag tot skoene, hou liefs die res van jou uitrusting minimalisties en neutraal by hierdie uitspattige skoenstyl vir ’n meer moderne voorkoms.

Vinyl and Jute Sandals with Faux Pearls (R699 Zara)
Chunky Chain Trim Mules (R329 Woolworths)
Pom Pom Tassle Sandal (R999 Nicci Boutiques)

5. Espadrillesandale

Hierdie styl is “somer in ’n skoen”. Deur die jare was daar al talle tipes espadrillestylontwerpe beskikbaar, van sandale tot platforms in materiaal en selfs in leer. Hierdie skoenstyl, afkomstig uit Spanje in 1845, is een van daardie skoenstyle wat elke paar seisoene met ’n nuwe ontwerp terugkeer. Hierdie seisoen se geweefde espadrille is helder en beskikbaar in talle sandaalstylontwerpe.

Poetry Rebecca Sandal (R1399)
Glamorous Wide Fit Espadrille Neon Sandal (R599 Superbalist)
Ankle Strap Flatform Espadrille Sandals (R549)

6. Vierkantige voorpunt sandale

Die vierkantige voorpunt skoenstyl is nie ’n nuwe trend nie, maar een wat hierdie somer steeds groot nuus bly. Hierdie skoenstyl – gewoonlik beskikbaar in hakskoene -is ook nou beskikbaar in ’n sandaal-weergawe. Veral ’n gunsteling onder modebekendes en modeliefhebbers vir die somer.

Cotton On Slingback Sandal (R299)
Flat Sandal With Square Toe (R459 Zara)
Woolworths Strappy Mules (R329)

7. Visplakkiesandale met ’n verskil

Of jy nou daarvan hou of nie, hierdie modetrend is vanjaar baie gewild. Vergeet van jou gewone ou visplakkie, hierdie seisoen se visplakkiesandale is beskikbaar in hakskoen, platform en selfs bonkige sandaal weergawes.

Wenk; dra dit by jou effense wyepyp denims vir ’n trendy voorkoms.

Mr Price Flatform Sandal (R79,99)
Cotton On Everyday Molly Sandal (R299)
Quilted Platform Sandals (R599 Zara)

8. Sportsandale

Nog ’n 90’s trend wat teruggekeer het! Onthou jy daardie materiaalplakkies wat almal destyds gedra het? Die sportsandaal is soortgelyk – bonkig met materiaalbandjies wat met velcro (girts garts!) vasmaak. In al die kleure van die reënboog beskikbaar – en een van hierdie seisoen se goedkoper trends. Beslis die probeerslag werd.

Mr Price Floral Sport Sandal (R139,99)
Poetry Alicia Sandal (R599)
Mr Price Sport Sandal (R139,99)

9. Birkenstockstyl sandale

Te danke aan die oorspronklike Birkenstocksandale het hierdie styl ’n reuse mode-tendens geword. Hoewel die oorspronklike Birkenstocks steeds ons harte steel, is daar nou talle soortgelyke slider-sandale beskikbaar. Van leer, diere motiewe tot plastiek- en silikoonafwerkings.

Wenk; Plastiek slide sandale is die ideale strandskoen, dit is veerlig, maak supermaklik skoon en is beskikbaar in al die skakerings van die reënboog.

Mr Price Pattern Chunky Slider (R149,99)
Birkenstock Arizona Python Sandals (R1899 Woolworths)
Mr Price Chunky Slider (R69,99)

10. Gemaklike aanglipsandale

Hierdie is die perfekte aanglipskoen, veral vir dae wanneer jy laat is. Gemaklik, plat en een met ’n simplistiese maar steeds moderne ontwerp is die resep vir ’n perfekte sandaal.

Wenk; Kies ’n egte leer paar en dit sal jare lank hou.

Country Road Faith Slide (R999)
Hannah Lavery Squared Slip On (R999)
Zara Flat Textured Leather Sandal (R599)

Lees ook: Kies die regte swembroek vir jou lyfvorm

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Uitrustings vir troues en spesiale geleenthede – hier is raad
error: Content is protected !!