10 maklike stileertruuks vir ’n slanker voorkoms

Ons het almal dae wanneer ons selfvertroue nie juis deur die dak skiet nie, maar om mooi te lyk en voel is so waardevol om ons bui op te kikker. Hier is 10 maklike stileertruuks vir ’n slanker voorkoms. Probeer dit op daardie afdag wanneer jy dalk nie op jou mooiste voel nie. Deur Justine Kroes

1. Probeer ’n oorvou rok

Die oorvourok of “wrap” rok is een van die gewildste rokke vir enige vrou met enige lyfvorm. Vir slanker vroue skep dit gewenste kurwes. En vir vroue met kurwes pas dit vleiend oor al die belangrike areas. Die v-halslyn is verslankend, die middel word ingetrek en gedefinieer, en die uitklok A-lyn styl is vleiend oor die boude en heupe.

Missguided Wrap Midaxi Floral Dress (R599)
Edit Balloon Sleeve Wrap Dress (R499)
Mr Price Wrap Maxi Dress (R199,99)

2. Dra die regte grootte

Ons mag dalk dink dat om oorgroot klere te dra al ons figuurfoute sal wegsteek, maar dit is nie noodwending die geval nie. Om klere te dra wat te groot is, sal jou groter laat lyk as wat jy werklik is. Vierkantige en losspassende klere is net vleiend as jy die balansreël toepas, byvoorbeeld as jou hemp lospassend is dra ’n noupyp broek daarby. Om proporsies te balanseer is uiters belangrik.

Die teeoorngestelde is natuurlik ook waar, klere wat te styf pas, voel nie net ongemaklik nie maar is dalk nie die vleiendste styl vir jou nie en sal moontlik areas beklemtoon wat jy eerder wil wegsteek.

3. Definieer jou middel

Hierdie stileertruuk is een van die maklikste maniere om blitsvinnig slanker te lyk. Om ’n gordel om jou middel te bind trek dadelik die oë na die kleinste gedeelte van jou ligggaam toe. Dit skep definisie, balans en vorm in enige uitrusting.

Jy hoef ook nie altyd die gordel deur die lissies te ryg as dit nie is waar jou “true waist” sit nie, ons almal se lengtes, proporsies en lyfvorms is so verskillend van mekaar. Die truuk is om die kleinste gedeelte rondom jou middel te vind en die gordel daar vas te bind.

Wenk: kies eerder fyn of dun gordels om jou middel te beklemtoon, groot en bonkige gordels mag dalk net lyk asof jou lyf in twee gedeeltes verdeel word.

Mango belt Dana Black (R499)
Mango Belt Kima Tan (R499)
Mango Neutral Belt (R599)

4. Monokroom is jou vriend

Om een skakering te gebruik om ’n slanker voorkoms te skep, is een van die oudste stileertruuks wat bestaan, dit is vandag steeds van toepassing. Klere met patrone kan maklik ekstra volume skep in ’n uitrusting, wees dus versigtig met patrone en die tipe patrone (fyn of groot) wat jy kies.

Om van kop tot toon swart te dra skep ’n lang regaf, vertikale voorkoms; die resultaat? ’n Langer en slanker voorkoms in ’n japtrap.

Dit hoef nie noodwending net swart te wees nie, enige donkerder skakerings van rooi, blou of groen werk net so goed.

Foto: Shutterstock

5. Kies hoëmiddellyf-broeke

Jy mag dalk skrikkering wees vir so ’n broek, maar glo ons, dit doen die truuk om jou magie plat te druk en jou “muffin top” te versag. Dit skep nie net ’n plat magie nie maar truuk die oë om jou liggaam te verslank omdat die hoë styl broek jou liggaam (en bene) verleng.

Die ideale hoëmiddellyf-denim is effens rekbaar, eindig net bo jou naeltjie en onder rondom die dunste gedeelte van jou enkels, ’n donker skakering swart of donkerblou is ’n moet.

6. Werk slim met bykomstighede

Het jy geweet iets so eenvoudigs soos juwele kan jou liggaamsvorm vlei? Werk strategies met jou juwele en bykomstighede.

As jy byvoorbeeld ’n groter onderlyf het, trek aandag en oë opwaarts deur ’n helder of bonkige halssnoer om jou nek te dra.

As jy ’n groter borsmaat het wat jy graag wil versag, kies dan eerder halsnoere wat langer is, dit trek weer oë afwaarts en en verleng die décolleté-area. Die krag van ’n langer halsnoer is soortgelyk aan die effek wat ‘n v-nek halslyn bied. Dit bygesê moet vroue met groter borste eerder kort, groot en bonkige halsnoere vermy.

Selfs jou handsak kan jou kleiner of groter laat vertoon. As jy petite gebou is en jy dra ’n reuse oorgroot handsak laat jy jouself selfs nog kleiner lyk. Die teenoorgestelde is ook waar, vroue wat langer en groter gebou is wat ’n piepklein handsakkie dra kan hul nog groter laat lyk. Kies eerder ’n handsak wat proporsioneel is teenoor jou liggaamsbou, lengte en gewig.

Onthou, daar waar jy die bykomstighede dra of plaas is waar die oë sal vestig, gebruik dit tot jou voordeel!

7. Vertikale lyne

Ons weet teen die tyd al om eerder horisontale lyn te verruil vir regaf vertikale lyne vir ’n vleiende voorkoms.

Vertikale lyne werk amper soos ’n optiese illusie wat jou liggaam sal verleng, jou natuurlik langer en slanker sal laat voorkom en sommer dadelik ’n paar kilogram ligter laat lyk.

Foto: Shutterstock

Jy hoef natuurlik nie soos ’n gevangene te lyk met vertikale strepe van kop tot tone nie. Selfs net ’n bloes, romp of broek sal die truuk doen. As jy huiwerig is vir te veel lyne, kies dalk ’n denim met ’n resiesstreep langs die kant van die broek af, dit sal ook die gewenste effek hê. 

Mango Long Printed Jumpsuit (R799)
Mr Price Oakridge Side Stripe Leggings (R89,99)
Mr Price Pinstripe Doble Breasted Blazer (R250)

8. Beklemtoon met helder skakerings

As jou stylpersoonlikheid nie swart van kop tot tone kan aanvaar nie, beklemtoon jou goeie bates met ’n klere-item in ’n helder kleur.

Dink aan die gunsteling gedeelte van jou lyf, die gedeelte wat jy graag sal wil wys – byvoorbeeld jou bene of klein bolyf, dra dan ’n helder skakering op daardie area. Dra ’n donkerder kleur op die areas wat jy graag eerder sal wil wegsteek. Die helder skakerings vestig dadelik oë en aandag op jou goeie bates.

9. Vormdrag is ’n moet

Het jy al goeie vormdrag probeer? Glo ons, jy gaan nie terugkyk nie – ’n paar spanx wat die magie effens intrek, bobene styf vashou, boude lig en enige “lumps en bumps” effens versag is een van ons gunsteling truuks in ons stileer-arsenaal.

Vormdrag is die geheime wapen wat niemand kan sien nie. Dit sorg vir plat magies, verbloem selluliet en laat klere net sommer foutloos aan enige lyfvorm sit. Dit gee jou daardie ekstra tikkie selfvertroue wanneer jy daardie syerige rompie dra!

SPANX OnCore High Waisted Thigh Shorts (R1785) Inner Secrets
Cotton On Smoother and Shaper High Waist Short (R249)
SPANX Half Slip (R1725) Inner Secrets

10. Puntskoene vir langer bene

Ruil gerus jou rondepuntskoene vir skerper, puntige skoene. Die ronde vorm kan jou bene korter laat lyk, waar die skerppuntskoene jou bene sal “verleng” en die illusie van langer bene skep. ’n Neutrale, beige, vleeskleur of ligte bruin skerppuntskoen met ’n hak vir ekstra lengte is veral hier ’n staatmaker.

Mango Roca Leather Court (R1199)
Cotton On Elena Textured Mule (R599)
Mango Leeds Pump (R599)

Lees ook: Van moderedakteur tot voorkomskonsultant; Belangrike stylwenke waarvan elke vrou moet weet

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
“High-low”; die aantrekstyl van die oomblik, stylkenners verduidelik hoe
error: Content is protected !!